Gewilde musiekblyspel eersdaags op planke

Die musiekblyspel, My Fair Lady, is een van die gewildste blyspele van alle tye, sedert dit die eerste keer in die jare 50 op Broadway gedebuteer het. Dit speel af in 1912 in Londen, buite Covent Garden. Dis gebaseer op die verhoogstuk, Pygmalion, wat reeds in 1913 die eerste keer opgevoer is. Nou het Suid-Afrikaners die geleentheid om ‘n uitsonderlike weergawe van My Fair Lady te beleef – eers in Kaapstad van 12 Desmeber af en daarna in Johannesburg. Craig Urbani is in die rol van Henry Higgins te sien, saam met Brittany Smith en Leah Mari, wat om die beurt die rol van Eliza Doolittle sal vertolk. Craig sluit by ons aan.

Trump kies rolspelers in sy administrasie

Die aangewese 47ste president van Amerika, Donald Trump, het die name van persone in sekere invloedryke sleuteposisies in sy administrasie aangekondig. Midde die onsekerheid oor geopolitiek, word hierdie aanstellings, net soos in die res van die wêreld, in Suid-Afrika druk bespreek. Ons praat hieroor met professor Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg.

Ons smul saam met Andriëtte de la Harpe van Mondvol

Vanmiddag om 13:00 kondig RSG en Virseker die wenner aan van die eerste Bakgat-beskuitkompetisie. Ons saai regstreeks van Virseker se hoofkantoor uit. Andriëtte de la Harpe was ‘n naaswenner in Masterchef Suid-Afrika, en bedryf haar eie bak-besigheid, Mondvol. Sy is een van die beoordelaars wat die beste beskuit moet aanwys, en sy sal as ‘n mentor vir die wenner optree.