Maak ‘n draai by die Val de Vie-kersmark

Op Saterdag 29 November tussen 10:00 en 15:00 vind die 2025 Val die Vie-kersmark weer plaas. As deel van die feestelikhede saai Sue Pyler-Slabbert tussen 10:00 en 13:00 Saterdagsprankel regstreeks uit van die Val de Vie Evergreen-leefstylsentrum in die Paarl. Daar is  meer as 50 stalletjies, ‘n regstreekse vertoning deur Melissa-Jane en André Terblanche, en aktiwiteite vir die hele gesin. Besoekers kan aansit by die Wiesenhof Restaurant vir seisoenale eet- en drinkgoed, of iets te ete kry by een van die stalletjies. Parkering is beskikbaar by The Yard Wellness-sentrum. Bring jou gesin en jou vriende en kom geniet die jaarlikse Val de Vie-kersmark in die hart van die Boland. Dis die ideale geleentheid vir kersinkopies, en ’n heerlike begin van die vakansieseisoen. Moet dit nie misloop nie! Vir meer inligting gaan na https://facebook.com/events/s/val-de-vie-christmas-market-pr/1335058841611202/