- Werk by RSG
Hoe gaan ek te werk as ek as omroeper of nuusleser by RSG betrokke wil wees?
As jy nie reeds as omroeper by 'n ander radiostasie betrokke is nie, kan jy 'n demo-opname na RSG stuur by info@rsg.co.za. Die demo (in MP3-formaat) moet 'n gedeelte bevat waarin jy kortliks 'n program aanbied en 'n verdere deel waarin jy 'n nuusbulletin lees. Sou die demo aanvaar word, sal jy 'n kort omroeperstoets ondergaan, waar onder andere jou algemene kennis getoets sal word. - Senderprobleme
Daar is onderbrekings in my radio-ontvangs. Hoe meld ek dit aan?
Stuur 'n e-pos na info@rsg.co.za en dit sal by Sentech aangemeld word. - Adverteer
Hoe kan ek op RSG adverteer?
Stuur 'n e-pos na verkope@rsg.co.za - Kontak ons
Hoe kontak ek RSG?
Stuur ‘n e-pos na info@rsg.co.za; of wanneer die omroeper jou op lug nooi om deel te neem, stuur ‘n SMS na 45889 (teen R1.50 per SMS) of ‘n stemboodskap via WhatsApp na 076-536-6961. - Radioteater
Ek wil 'n radiodrama vir RSG skryf.
Stuur ‘n epos aan estel@rsg.co.zaEk wil 'n rol in 'n radiodrama vertolk. Met wie kan ek kontak maak?
Stuur ‘n epos aan estel@rsg.co.za
Gereelde Vrae