Ons ontbloot wat regtig in jou brein aangaan wanneer vrees oorneem, én ontmagtig die mites oor persoonlikheidsversteurings wat mense laat stilbly en skaam voel.
Antoinette sê… 27 Februarie 2026
Antoinette Pienaar praat oor doepas vir die oorgang na herfs.
StroomAf 27 Februarie 2026
Leon Van Nierop vertel van die sensuele reeks, 56 Days.
Koffiesport 27 Februarie 2026
Pieter van den Berg gesels oor motorsport.
Historiese Almanak 27 Februarie 2026
Albe Grobbelaar praat oor een van die vroeë baanbrekers van lugvaart, die navorser en ontwerper Samuel Langley. Sy naam het so byna-byna in die geskienisboeke gestaan op die plek waar die Wright-broers se name vandag opgeteken is.
Sakenuus 27 Februarie 2026
Dawie Roodt van die Efficient-groep praat oor ’n fiskale anker.
Gallo Musiek vier eeufees; Anton Goosen 80 jaar oud
Op 28 Februarie, presies ‘n 100 jaar gelede, het Eric Gallo, die platemaatskappy, Gallo Musiek, gestig. Oor die eeu is verskillende musiekgenre’s uitgegee – van rock en jazz, tot kunsliedere en ligte Afrikaanse musiek. Dis nie net Gallo Musiek wat verjaar nie. Een van Suid-Afrika en Afrikaans se grootste musieksterre wat ook deur Gallo sy musiek uitgee, die Liedjieboer Anton Goosen, verjaar en word volgende week ‘n volle 80 jaar oud!
Moet UWK se naam verander na Allan Boesak?
Die voormalige kerkleier en struggle-veteraan, dr. Allan Boesak, het vandeesweek sy 80ste verjaardag gevier. Om hom te vereer, is ‘n voorstel ingedien om die naam van die Universiteit van die Wes-Kaapland te verander na die Allan A. Boesak-Universiteit. Daar was gemengde reaksie op die naamsveranderingsvoorstel. Om hieroor, en oor Boesak se nalatenskap te praat, sluit die akademikus en kommentator, professor Hein Willemse, by ons aan.
Wat jy vandag moet weet 27 Februarie 2026
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Monitor 27 Februarie 2026
Getuienis voor die WVK-Sakekommissie fokus op ANC-geweld tydens die bevrydingstryd. Die groen ekonomie kan tot 300 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika skep. Die nuus dat sommige sanitêre doekies skadelike endokrien- of hormoon-ontwrigtende chemikalië bevat, veroorsaak paniek.