Op 28 Februarie, presies ‘n 100 jaar gelede, het Eric Gallo, die platemaatskappy, Gallo Musiek, gestig. Oor die eeu is verskillende musiekgenre’s uitgegee – van rock en jazz, tot kunsliedere en ligte Afrikaanse musiek. Dis nie net Gallo Musiek wat verjaar nie. Een van Suid-Afrika en Afrikaans se grootste musieksterre wat ook deur Gallo sy musiek uitgee, die Liedjieboer Anton Goosen, verjaar en word volgende week ‘n volle 80 jaar oud!