Kenners verwag nie enige vuurwerke in die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede aanstaande week nie. Die minister sal waarskynlik hou by ’n primêre begrotingsurplus, en die verhouding tussen skuld en die bruto binnelandse produk probeer verlaag. Met die munisipale verkiesings wat voorlê, is groot belastingaanpassings ook onwaarskynlik. Ons praat hieroor met prof. André Roux, ’n ekonoom by die Stellenbosch Besigheidskool.