Moslem-gelowiges het gister met die heilige maand van Ramadan begin. Hulle vas tot 14 ure per dag as deel van ’n periode wat aan gebed, refleksie en liefdadigheid gewy word. Die Moslem Juridiese Raad glo mense van ander geloofsgroepe kan ook hieruit inspirasie put deur respek, inklusiwiteit en begrip te toon. Ons praat met Shahieda Carlie, die aanbieder van Islam in Fokus op RSG.