Ons het Dinsdagoggend op RSG se nuusprogram Monitor ‘n onderhoud uitgesaai met die kunstenaar, Lieze Stassen, wat tien jaar lank uit die openbare oog verdwyn het. Sy was destyds bekend vir haar CD, THULA, waarvoor sy in 1997 ‘n SAMA-toekenning vir die beste kontemporêre album ontvang het. Haar op en wakker komposisie BOKKIE was ook veral onder RSG-luisteraars baie gewild. Maar nou is sy volstoom terug nadat sy haar stem weer gevind het ná die dood van haar sewentienjarige seun, Alexander. Sy gaan binnekort haar splinternuwe CD MY HART JOU GEBED aan die publiek bekend stel. Wilna Matthee het Stassen uitgevra oor hierdie kreatiewe skepping.