Afrikadag word vandag gevier. Die Universiteit van Stellenbosch se Sakeskool het gisteraand ‘n funksie gehad en prof. Eltie Links was die gasspreker. Prof. Links was voorheen onder meer Suid-Afrika se ambassadeur by die Europese Unie. Hy het het met Naweekaktueel gepraat en gesê Suid-Afrika en die res van die vasteland se heil lê in goeie leierskap.