Angelina Jolie wat vandeesweek in ‘n hoofartikel in die dagblad, The Star, geprys is vir haar brawe besluit om haar mastektomie aan die groot klok te hang, het rubriekskrywers en veral vroueblaaie en programme ‘n voor die handliggende tema gegee – borskanker en die hantering daarvan. Die hoof van die Ginekologiese Onkologie-eenheid aan die Universiteit van Pretoria, dr. Greta Dreyer, glo die genetiese toetsing wat Jolie op die pad van ‘n mastektomie geplaas het, kan nie sonder berading geskied nie. Daar is egter heelwat uiteenlopende menings oor genetiese toetsing vir borsanker.