Bykans 9 000 onderwysers in die Wes-Kaap het tydens die Junie-vakansie kurrikulum-opleiding bygewoon. Dié opleiding berei onderwysers voor vir 2014 wanneer die derde en laaste implementeringsfase van die Nasionale Kurrikulum Beleidsverklaring (NKBV) oftewel CAPS in Graad 7 tot 9 en Graad 12 plaasvind.