Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor wanneer liggaam en emosies saam praat – die diep verband tussen welwees, gevoelens en fisiese gesondheid. Die gesprek fokus op hoe emosies soos stres, angs en hartseer deur die liggaam manifesteer, hoe mense dikwels waarskuwingstekens ignoreer en waarom ware welwees altyd ’n geïntegreerde balans tussen liggaam en emosies vereis.
Kortom 24 Februarie 2026
Fanie Viljoen vertelin sy kortverhaal, STERT, van ‘n keuse wat ‘n jong seun moet maak. Hoe ver sal hy deur groepsdruk en nuuskierigheid gelei word? Sal hy betyds kan stop voor spyt begin intree? Die voorleser is Hanno van Zyl.
Vers en klank 24 Februarie 2026
Die digter en aktivis, Diana Ferrus, is op 30 Januarie 2026 in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Sophia van Taak en Lee-Ann van Rooy bring hulde aan dié geliefde figuur met gedigte uit beide haar bundels – ONS KOMVANDAAN en DIE VREDE KOM LATER.
Christiaan Diedericks – Deel 2
Christelle Webb-Joubert het vir Ilana Maree gevra om oor Christiaan Diedericks se kunsnalatenskap en sy druktegniek te gesels. Ilana is ‘n visuele kunsopvoeder by die kunssentrum, PJ Olivier, in Stellenbosch. Sy bied die praktiese vak, drukkuns, daar aan.
Play Things
Cailyb Prinsloo van Spark in the Dark verduidelik wat Play Things is, en wat gehore kan verwag.
Christiaan Diedericks – Deel 1
Christiaan Diedericks, wat in 2025 oorlede is, se lewe en werk word gevier by die Breytenbach-galery op Wellington. Christelle Webb-Joubert het met sy vriendin, Aretha du Rand, gesels.
Maart-produksies by Afriforumteater
Marnè Jooste, bemarking- en kommunikasiebeampte van die Afriforumteater, vertel wat alles in Maart te sien is by die teater.
Johannesburg Filharmonies se eerste 2026-seisoen
Dit is weer tyd vir die Johannesburgse Filharmoniese Orkes se eerste konsertseisoen van die jaar. Terrance April gesels met Magdalena de Vries, perkussiespesialis oor die verskillende werke wat uitgevoer sal word.
Kompas 24 Februarie 2026
Nicki de Villiers, ‘n geregistreerde dieetkundige met ‘n spesiale belangstelling in sportvoeding, gee jongmense raad oor watter aanvullings jou oefening kan ondersteun, en wat om heeltemal te vermy.
Aandgedagte 24 Februarie 2026
Ds. Carli Fourie van die NG Kerk Montana in Pretoria.