Ryk van Niekerk – Moneyweb. Volg RSG Geldsake op Twitter
Sterker SA Ingelyf wys sy spiere
Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, deel haar verwagtinge vir môre se begrotingsrede en bespreek onder meer Super Group se tussentydse resultate sowel as maatskappye wat nuwe 52-week hoogtepunte bereik het. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die wyle Nic Georgiou se boedel finaal gesekwestreer
Advokaat Louis Bolt gesels oor die wyle Nic Georgiou se boedel, wat finaal gesekwestreer is, en moontlike implikasies daarvan. Volg RSG Geldsake op Twitter
Chinese motors verkoop soos soetkoek
Hans Greyling, hoof van Omodo en Jaecoo Suid-Afrika, gesels oor hul groei in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
Groot vaardigheidstekorte by SA waterrade
Prof. Chris Roth, president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs (SAICE), gesels oor die vaardigheidstekorte by Suid-Afrikaanse waterrade. Volg RSG Geldsake op Twitter
Belangstelling in biologiese plaagbeheer neem skerp toe
Die landboukonsultant, Dr Schalk Schoeman, gesels oor die skerp toename in belangstelling in biologiese plaagbeheer. Volg RSG Geldsake op Twitter
Hoe beïnvloed die sterker rand jou portefeulje
Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Wealth Route 21, deel haar insigte oor hoe die sterker rand jou portefeulje kan beïnvloed. Volg RSG Geldsake op Twitter
Brandpunt 24 Februarie 2026
Die sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, hou vol hy is ‘n agent vir misdaadintelligensie. Vier jaar sedert die oorlog tussen Rusland en Oekraïne uitgebreek het, is daar nog nie ‘n duidelike einde in sig nie. Pendelaars van onder meer Mitchells Plain in die Wes-Kaap kan vir die eerste keer in ses jaar weer van treindienste gebruik maak.
RSG Help 24 Februarie 2026
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (Wild Mongoo, George)
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 37
Groot is Cor se verbasing as hy die skielike ommeswaai in sy broer sien. Stefan besluit om homself by ‘n rehabilitasiesentrum in te boek. Cor vertel aan Stefan dat hulle pa besluit het om ‘n nuwe bestuurshoof van buite af aan te stel. Die gesin klink oudergewoonte ‘n glasie op veiligheid en voorspoed. Soms besef ‘n mens nie jy deel ‘n laaste oomblik saam met jou geliefdes nie, maar Stefan weet wel dit is die geval.