Jeanine Maricic vertel vir Martelize Brink van die Wit Stad, Belgrado in Serwië.
Grys en gatvol vir menopouse
Melanie Verwoerd praat oor menopouse, hoe min inligting daaroor in Afrikaans beskikbaar is, en die Grys & Gatvol-potgooi op hierdie tema.
Goud vir Osaka se waterpype
‘n Anonieme skenker het 21 kg goud vir Osaka se Waterburo gegee, met die wens dat die waterinfrastruktuur verbeter word.
Spektrum 24 Februarie 2026
Die Departememt van Landbou vra private veeartse om te help met inentings teen bek-en-klouseer. Nóg Suid-Afrikaners wat in die Rusland-Oekraïne-oorlog gesleep is, word van môre af terug verwag. ‘n Pleidooi dat valutabeheer in die begrotingsrede verslap word.
Doen jou eie ding 24 Februarie 2026
Ryk van Niekerk praat met Darren Francis, stigter van EMT Square Property Developers.
Veronique Sampson se inspirerende storie
Veronique Sampson van Atlantis se storie is bewys dat jou beginpunt nie jou eindpunt bepaal nie. Sy is tans ’n internasionale student in die VSA, maar haar reis gaan oor soveel meer as net haar eie droom. Sy het die Veronique Sampson Organisasie gestig om ander jongmense se drome oop te maak, veral dié wat voel om oorsee te studeer is buite hulle bereik. Met die hulp van borgskappe en mense wat in haar visie glo, skep sy geleenthede waar daar eers net struikelblokke was.
Menopouse 24 Februarie 2026
Prof. Tobie de Villiers is ‘n ginekoloog met ‘n spesiale belangstelling in menopousale medisyne, osteoporose en ginekologiese endokrinologie. Hy praat oor die uitwerking van menopouse op hartsiektes.
Bestaan ruimtewesens? Trump maak dokumente bekend
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat sy Minister van Oorlog, Pete Hegseth, binnekort die regering se dokumente oor ruimtewesens, Vreemde Vlieënde Voorwerpe (VVV’s) en lewe in die buiteruim sal vrystel. Daar word dikwels bespiegel oor die Amerikaanse weermag, wat glo van hierdie VVV’s afskiet, soos in September verlede jaar, toe ‘n komitee van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, ‘n video ondersoek het, wat glo wys hoe ‘n weermag-hommeltuig ‘n VVV probeer afskiet, maar misluk. Is daar wetenskaplike bewyse dat ruimtewesens bestaan? En wat sien mense as hulle beweer hulle sien ruimtetuie? Ons praat hieroor met die ruimtekenner, dr. Ruhann Steyn, verbonde aan die Noordwes-Universiteit.
In die kollig 2 – 24 Februarie 2026
KELDERS VAN GEHEIME se vervaardiger, Karen Meiring, praat oor die TV-bedryf en haar toekomsplanne.
Land en Sand: Prof. Fanie Snyman
Die vrou in die ampte van ouderling en predikant in die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika maak steeds groot opslae nadat die sinode ‘n vorige besluit herbevestig het, dat vroue geensins in dié ampte mag dien nie. Die NG Kerk en Hervormde Kerk het al meer as drie dekades gelede vroue toe dié ampte toegelaat. Pieter Steyn het land en sand met die voormalige dekaan van die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat, professor Fanie Snyman, gesels oor onder meer vroue in die kerk, sy ontmoetings met FW de Klerk, Nelson Mandela en Desmond Tutu, en hoe hy as kleuter vir ‘n rotstuin vol vetplante gepreek het.