Historiese Almanak 24 Februarie 2026

Albe Grobbelaar praat oor die man wat tussen 1727 en 1729 goewerneur aan die Kaap was, die ongewilde Pieter Gijsbert Noodt. Dit was oor die vreemde omstandighede van sy dood, dat C. Louis Leipoldt sy werk, Die Laaste Aand, geskryf het.

Oorlog in Oekraïne: 4 jaar later

Dis vandag reeds vier jaar sedert Wladimir Poetin die Russiese weermag opdrag gegee het om Oekraïne binne te val. Intussen is daar volgens berigte, tienduisende soldate en burgerlikes dood, het die Trump-administrasie die geopolitiek op sy kop gekeer, en lyk dit of daar nie ‘n einde vir die oorlog in sig is nie. Wat kan ons wys word uit die afgelope vier jaar, en wat hou die toekoms vir Oekraïne, Rusland, Europa en die res van die wêreld in? Ons praat hieroor met professor Abel Esterhuyse van die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Staatsverval met BKS kom al 25 jaar

Die verval in die staat wat bek-en-klouseer betref, kom al langer as twee dekades aan. Die eerste tekens van verval en swak beplanning kan teruggespeur word na die vroeë 2000’s. Bek-en-klouseer is ‘n staatsbeheerde siekte, en die onlangse uitbreking is volgens kenners die ergste in die land se landbougeskiedenis. Professor Johann Kirsten het ‘n omvattende ontleding op News24 die volgehoue stuksgewyse verval van die regering se bek-en-klouseer-infrastruktuur blootgelê. Hy is van die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Ondersoek.

Wat jy vandag moet weet 24 Februarie 2026

Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.

Monitor 24 Februarie 2026

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, belowe om die waterkrisis spoedig op te los. Die prys van brandstof kan dalk volgende maand styg. Afriforum wil hê die privaatsektor moet toegelaat word om entstof teen bek-en-klouseer te verkry. Vredesonderhandelinge duur voort om die vierjaar lange oorlog tussen Rusland en Oekraïne te beëindig.

RSG Bekbasaar: Trou is die perdekoop nie – Episode S2/E04

Ontmoet die akteur André Lötter en sy vrou, Madeleine. In hierdie rou-episode gesels ons oor hulle pad van 12 jaar se uitgaan tot ’n onvergeetlike voorstel. André deel openhartig hoe sy uitdagende grootwordjare in die stad hom laat twyfel het of hy genoeg is. Madeleine vertel hoe dit voel om ’n akteur as man te hê. Maar die ware hart van die storie is hulle onwrikbare geloof tydens André se twee jaar lange siekbed. Dis ’n verhaal van uiterste respek, opoffering en hoe liefde werklik alles oorwin.

RSG Landbou 24 Februarie 2026

Het jy geweet die geharde droë Kalahari- en Karoo-streke word sterk beïnvloed deur die koue Benguela-seestroom wat noordwaarts langs die suidwestelike kus van Afrika vloei? Hoe oorleef plante en diere in dié streke, en watter impak het dit op landbou? Ons praat met Jakkals Olivier oor die uniekheid van die Victoria-Wes Skou, en die skou se opkomende boer-wenner, Thys Agterdam, praat oor sy sukses.