RSG Landbou 24 Februarie 2026

Het jy geweet die geharde droë Kalahari- en Karoo-streke word sterk beïnvloed deur die koue Benguela-seestroom wat noordwaarts langs die suidwestelike kus van Afrika vloei? Hoe oorleef plante en diere in dié streke, en watter impak het dit op landbou? Ons praat met Jakkals Olivier oor die uniekheid van die Victoria-Wes Skou, en die skou se opkomende boer-wenner, Thys Agterdam, praat oor sy sukses.

Trump-tariewe: ’n Groot pizza in ’n tuimeldroër

Anneke Janse van Vuuren, bestuurder van data-oplossings by XA Global Trade Advisors, gesels oor die Amerikaanse hooggeregshof wat Donald Trump se tariewe as onwettig verklaar het en wat dit vir Suid-Afrika beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter

Sasol se wins val weens afskrywings, maar sy kontantvloei kook

Sasol het vandag tussentydse resultate bekend gemaak. Die wesensverdienste het met 34% gedaal, en die groep het vir die eerste keer in vier jaar ’n positiewe vrye kontantvloei ervaar. Die uitvoerende hoof, Simon Baloyi, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

aQuellé is meer as net water

Nico Bosman, besturende direkteur van aQuellé, gesels oor die geskiedenis van die maatskappy. Volg RSG Geldsake op Twitter

Goeie begroting kan Suid-Afrika se gradering verbeter

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, deel sy mening oor Donald Trump se tariewe wat as onwettig verklaar is, Spar se groot planne, en die vooruitsigte vir Suid-Afrika se kredietgradering. Volg RSG Geldsake op Twitter