Verwagtinge vir die premier van Gauteng se provinsiale rede later vanaand. Reaksie op die eerste besending van bek-en-klouseer-enstof wat in Suid-Afrika aankom. ‘n Oorsig van die dag se hofverrigtinge landswyd.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 36
Daar heers ‘n somber gevoel in die kantore van Fortuna Trans. Rian is pas gearresteer vir die moord op Shorty Swanepoel. Anika is bekommerd oor die toekoms van Fortuna Trans. Piet en Cor het ‘n hewige woordewisseling. Piet is teleurgesteld in Cor, en beskou hom as ‘n verraaier. ‘n Nuwe aanstelling moet gemaak word – Fortuna Trans sal nie verder deur ‘n Du Preez bestuur word nie.
Wat is fout my troeteldier?
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraarsvrae oor hulle troeteldiere.
Teologiese biblioteek op WIlliston
‘n Huis vol teologiese boeke, wat ‘n tuiste in ‘n gerestoureerde kerkie op Williston gevind het, is een manier om kosbare skatte uit die boekdrukkuns, verpulping te laat vryspring. Pierre-Jeanne Gerber het aan ‘n blink plan gedink om teologiese boeke te bewaar. Johan Rademan het op Wellington tussen olyfbome met hom gesels.
Jou naam se komvandaan 23 Februarie 2026
Dr. Willem Botha praat oor Germaanse name soos Carel, Carlos, Kallie, Charl, Karla, Carola en Charlotte.
Rommelhond
Die eienaar van ‘n hond in Italië is in die moeilikheid oor rommelstorting. Die hond geleer is om sakke vullis langs die pad neer te sit.
Spektrum 23 Februarie 2026
‘n Ekonoom probeer sin maak van president Trump se nuwe 15%-invoertarief. Namibië hou die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika met valkoë dop. Ons bespreek Gauteng se provinsiale rede, wat vanmiddag gelewer word.
Regsake 23 Februarie 2026
Igna Klynsmith bespreek twee sake wat handel oor zero-verdraagsaamheidsbeleid rakende alkoholgebruik in die werksplek. Spesialisgas Est-marié McCallahan vertel van ‘n saak oor die installering van ‘n sonkragstelsel in ‘n kompleks op gemeenskaplike grond.
Lea Vivier se werk as intimiteitskoördineerder – Deel 1
Lea Vivier is ‘n aktrise met ervaring in films en televisiereekse. Sy is ook ’n professionele intimiteitskoördineerder. Sy speel ’n sleutelrol wanneer intieme oomblikke in films en reekse uitgebeeld word, en sorg dat hierdie tonele veilig, respekvol en met wedersydse vertroue hanteer word. Sy vertel hoe intieme tonele eerlik gedoen kan word, sonder om grense te oorskry voor én agter die kamera.
Andrew maak om verkeerde redes wéér geskiedenis
Die broer van Koning Charles III, Andrew Mountbatten-Windsor, is sy hele volwasse lewe lank al dikwels om die verkeerde redes in die nuus. Hy is verlede week in hegtenis geneem en vir ure lank ondervra, voor hy vrygelaat is. Daar is reeds verskeie oproepe dat hy verwyder moet word van die opvolglys om moontlik koning te word. Ons praat hieroor met die skrywer, Daniël Lötter.