Verskeie verrassings by die BAFTA’s.
Die Staatsdienspensioenfonds – Deel 38
Die Staatsdienspensioenfonds, die GEPF, is die grootste pensioenfonds in Afrika, met 1,2 miljoen lede. Jody Hendriks het in Rand en Sent oor die GEPF gesels. Die GEPF se Omelia Hartzenberg sluit by ons aan om luisteraars se vrae te beantwoord.
Historiese Almanak 23 Februarie 2026
Albe Grobbelaar praat oor die berugte spekskieter van die 18de eeu, Baron Von Münchhausen. Sy naam leef voort in die verhale oor sy gewaande ervaringe.
Sakenuus 23 Februarie 2026
Dawie Roodt van die Efficient-groep praat oor die begroting.
Spanning tussen Amerika en Iran op mespunt
Nog nie sedert 2003, toe Amerika Irak binnegval het, was daar so ‘n groot aantal Amerikaanse aanvalstuie in die Midde-Ooste byneen nie, soos op die oomblik. Alle tekens dui daarop dat ‘n Amerikaanse aanval op Iran byna onvermydelik is. Intussen lyk dit of die onderhandelinge tussen Iran en Ameriks nie juis vrugte afwerp nie. Ons praat hieroor met dr. Heinrich Matthee, ‘n kenner oor Iran, en direkteur van die Pionier Instituut.
In die kollig 1 – 23 Februarie 2026
SABC2 se nuwe Afrikaanse reeks, Paradys, begin vanaand.
Johannesburg: Helen teen Herman
Die twee H’s – dis Helen Zille teen Herman Mashaba. ActionSA het die naweek sy leier, Herman Mashaba, as burgemeesterskandidaat vir die Johannesburg-metro aangekondig. Die plaaslike verkiesings sal waarskynlik later vanjaar, of vroeg volgende jaar, plaasvind. Mashaba was voorheen ‘n DA-burgemeester van Johannebsurg. Volgens Sunday Times het Mashaba gesê hy sal Zille verspot maklik by die stembus klop. Ons praat hieroor met Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge.
Wat jy vandag moet weet 23 Februarie 2026
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Monitor 23 Februarie 2026
Verskeie staatsdepartemente in Mpumalanga gaan weens bedrog met die bou van skole ondersoek word. Nog miljoene dosisse bek-en-klouseer-entstof word binnekort in die land verwag. Die aktivistegroep, Action Society, sê misdaadstatistiek weerspieël nie die ware toestand in die land nie.
Vroegoggendgedagte 23 Februarie 2026
Ds. Carli Fourie van die NG Kerk Montana in Pretoria.