RSG Landbou 23 Februarie 2026

Om die vleisbeesbedryf se mededingendheid te verbeter, moet diere beter by hulle omgewing kan aanpas. Só sê prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad. Ons praat met hom oor die Vleisbeesgenomikaprojek se klimaatswerkswinkel wat vroeg in Maart by die Future Africa-kampus in Pretoria gehou word. HW Beeken van Pioneer Saad praat oor die verskille tussen mieliekultivars wat ’n direkte invloed op kuilvoergehalte en uiteindelik veeprestasie het.

Sterre en planete 22 Februarie 2026

Ons kyk uitgebreid na die hoogtepunte van Maart se naghemel, wat interessante komeetnuus bevat. Het jy geweet dit is moontlik om van Jupiter se mane met die blote oog te sien? Het ons son ‘n naam?

Ons praat dit uit 22 Februarie 2026

Tieners leer nog hoe om hulle hormone en wisselende emosies te hanteer, deur by veranderinge te probeer aanpas. Hoe kan hierdie fase hanteer word deur jongmense en ander wat met hulle in aanraking kom? Tieners kry raad oor hoe om hulle wisselende emosies te hanteer by kliniese sielkundige James Brown.

Ons en die onderwys 22 Februarie 2026

Johan van Lill met praat Elsie Harmse, uitvoerende hoof van UXi Artisan Development en medestigter van Africa Skills, oor ’n belangrike verskuiwing in ouerskap: Ouers as loopbaanvennote – nie toeskouers nie. Die gesprek fokus op hoe ouers tieners en jong volwassenes kan ondersteun in hulle loopbaankeuses deur ingeligte gesprekke, realistiese verwagtings en ’n beter begrip van opleidingspaaie en arbeidsmarkrealiteite. Daar word gekyk na die waarde van beroepskwalifikasies, die rol van finansiële beplanning en hoe ouers betrokke kan bly sonder om oor te neem.

Rand en sent 22 Februarie 2026

Die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) het ‘n selfdiens-webstelsel en toep bekendgestel om sy lede toegang gee tot en opdatering van hulle inligting, asook om pensioen- of ander verwante voordele en eise op te spoor. Omelia Hartzenberg vertel van die nuwe selfdiensportaal.

Leefwêreld van die gestremde 22 Februarie 2026

Die 44-jarige Dries Burger is blind gebore. Hy maak musiek en samel geld in vir kinders met gestremdhede. Hy is bowenal ’n sportman, wat dankbaar is en met humor positief bly oor die lewe. Erica du Toit van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremde beantwoord luisteraarsvrae oor toepaslike rolstoele, en die aanstelling van ‘n persoonlike versorger en assistent by die werk.

Hoe verklaar jy dit? 22 Februarie 2026

Kan diere morele keuses maak, of lyk dit net so vanuit ’n menslike perspektief? Hoe affekteer menslike geraas, soos verkeer en konstruksie, diere se gedrag in die natuur?

Taaldinge 22 Februarie 2026

Internasionale Moedertaaldag is deur Unesco ingestel, en word sedert 2000 jaarliks gevier. Milanie Vosloo en Annelie van Jaarsveldt van Afrikaans.com praat met Ina Strydom oor die waarde van moedertaalonderrig vir skoolprestasie en akademiese vordering.