Naweekaktueel 21 Februarie 2026

Die Suid-Afrikaanse landbousektor verwelkom ‘n hofuitspraak in Amerika teen president Donald Trump se handelstariewe. Misdaadstatistiek weerspieel nie suksesvolle vervolgings nie, sê kritici. Staatsdiensvakbonde betoog teen verhoogde mediese premies.

Chardi se “sien”

Chardi Kleynhans vertel hoe sy as kind sigprobleme begin ervaar het, en hoe dit haar nooit teruggehou het nie. Dit het haar toegelaat om die lewe op ‘n ander manier te sien.

RSG Landbou 21 Februarie 2026

In ‘n spesiale aflewering van RSG Landbou vier ons boere-humor – sêgoed en staaltjies oor Suid-Afrikaanse plase en die mense wat daarop woeker. Ons stel ondersoek in na idiome met ‘n landbouherkoms, van ‘n kapokhaan tot ou koeie in die sloot.

Sterre in die kombuis 21 Februarie 2026

Stephan van der Walt is deel van die produksie, CATS. Hy vertel hoe elke kat se grimering anders is, en hoe lank dit neem om die grimering te doen. Hy vertel ook hoe hierdie groep Suid-Afrikaners die land gaan verteenwoordig met die produksie wat vir die volgende jaar oorsee gaan toer. Hy deel Tannie Ans se patat-resep.

Antarktika 21 Februarie 2026

Dr. Herman van Niekerk van die Universiteit van Johannesburg praat regstreeks op pad van Antarktika af, waar hulle navorsing gedoen het.