Liefde by die Dam is terug in Johannesburg.
Moet UWK se naam verander na Allan Boesak?
Die voormalige kerkleier en struggle-veteraan, dr. Allan Boesak, het vandeesweek sy 80ste verjaardag gevier. Om hom te vereer, is ‘n voorstel ingedien om die naam van die Universiteit van die Wes-Kaapland te verander na die Allan A. Boesak-Universiteit. Daar was gemengde reaksie op die naamsveranderingsvoorstel. Om hieroor, en oor Boesak se nalatenskap te praat, sluit die akademikus en kommentator, professor Hein Willemse, by ons aan.
Wat jy vandag moet weet 27 Februarie 2026
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Monitor 27 Februarie 2026
Getuienis voor die WVK-Sakekommissie fokus op ANC-geweld tydens die bevrydingstryd. Die groen ekonomie kan tot 300 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika skep. Die nuus dat sommige sanitêre doekies skadelike endokrien- of hormoon-ontwrigtende chemikalië bevat, veroorsaak paniek.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes – Episode 3 (Nuut Op Die Radar met Chxnelle)
Ons begin met ’n minireeks, Nuut op die Radar. In hierdie episodes fokus ons op nuwe, opkomende kunstenaars wat hulle verskyning maak. Barrie Ferreira gesels met Chanelle Gerber (verhoognaam Chxnelle) oor hoekom sy besluit het om musiek vry te stel, wat haar drome vir die toekoms is, en waarna ons kan uitsien.
Ikra 27 Februarie 2026
‘n Gewyde boodskap vir RSG se Moslemluisteraars.
RSG Landbou 27 Februarie 2026
Professor Stephanie Midgley, spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die departement van landbou in die Wes-Kaap, was ’n spreker by COP, die VN se konferensie oor klimaatsverandering. Sy praat oor die moontlike implikasies vir Suid-Afrika sou reënwoude in die tropiese gebiede van Suid-Amerika tot niet gaan. Ná ‘n onlangse sneeustorting in Kalifornië vind ons ook uit of sneeustortings as natuurramp geklassifiseer word.
Tegnologie met Blaine 26 Februarie 2026
Energiekenner Corneels Schabort praat oor die gebruik van sonpanele in huishoudings in 2026. Milan van Wyk, ‘n dosent by die Universiteit van Johannesburg, praat oor die impak van tegnologie op besighede en die samelewing, en die gebruik van KI in 2026.
Islam in fokus 26 Februarie 2026
‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.
DIE SOEKTOG NA LUITENANT MULLER MEIRING SE RATEL deur Kobus Rudolph
Honderd en vyf oudsoldate en ouddienspligtes het in 2018 na Angola gereis op die ou paaie van slagvelde en gevegte. Dié toer is aangebied deur 61 Gemeganiseerde Bataljon se Militêre Veteranevereniging. Baie van die mans wroeg al vir jare oor die hartseer en pyn wat hulle as jong seuns ervaar het. Skaars 18 en 19 jaar oud, en hulle moes gaan veg, die dood in die oë staar en ‘n vyand doodmaak. Nog ‘n belangrike rede hoekom sommige op die toer gekom het, was om te gaan soek na Luitenant Muller Meiring se Ratel 72, iewers in die bosse in Angola. Muller se Ratel is op 27 Junie 1988 klaarblyklik deur ’n RPG-vuurpyl getref tydens ‘n dramatiese hinderlaag. Sewe van sy oudmakkers het spesiaal gekom om na die slagveld te kom kyk waar hulle geveg het. Kobus Rudolph praat met Muller se ma, Suzanne Meiring, wat vertel van die geweldige skok, hartseer en trauma. Die Meirings het hulle familieplaas in Verkeerdevlei buite Bloemfontein verkoop, en na Australië verhuis. Hy praat ook met Daniel Potgieter, wat die kanonier op die Ratel was. Hy het langs Muller Meiring gesit toe die vuurpyl hulle tydens die hinderlaag getref het.