Tinus de Jager – Moneyweb
Wat gaan die begroting vir jou beteken?
Die onafhanklike belastingkonsultant, Piet Nel, deel sy mening oor wat vanjaar se begroting vir Suid-Afrikaanse belastingbetalers kan beteken.
Kenners antwoord luisteraarsvrae 20 Februarie 2026
Nico Matthee – welvaartbeplanner, Portfolium & Nico Matthee – welvaartbeplanner, Portfolium
Dischem is positief oor sy winste
Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, gesels oor wat haar aandag in plaaslike en internasionale markte trek, Dis-Chem se aankondiging, die Hooggeregshof in Amerika wat Trump se tariewe onwettig verklaar het, en haar verwagtinge vir volgende week se begrotingsrede.
Brandpunt 20 Februarie 2026
Hoop kwyn dat die vyf mynwerkers wat in die diamantmyn in Kimberly vasgekeer is, nog lewend gevind sal word. Misdaad gaan voort om te daal, maar nie oral ewe veel nie. Die ANC gaan die EFF in die Ekurhuleni se teenwoordigheid in die regering ingrypend terugskaal.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 35
Rian blaas in Cor se nek oor hulle volgende aflewering in Mosambiek. Cor sit met sy hande in sy hare, want hulle het nie meer ‘n drywer nie. Norman kuier by Laurinda. Vir die eerste keer voel hy veilig, en in sy ouma se teenwoordigheid deel hy ‘n bietjie van sy seer. Rian word ingeroep deur sersant Fortuin vir ‘n laaste ondervragingsessie. Dan is daar ‘n klop aan die deur. Rian was reg – “familie” het ‘n ingewikkelde definisie by Fortuna Trans.
Willem se worse
Worsstop is ’n kuns, en daar is baie resepte vir worsmengsels. Willem Viljoen, aanbieder van Vastrap op RSG, verklap ‘n paar geheime oor sy liefde vir wors, en hoe hy selfs sy pa, Ollie Viljoen, vereer met Ollies Sausages. Johan Rademan het met Willem gesels, en dit is amper asof verskillende musiekstyle aansluit by die verskillende worse wat hy maak.
360 Speseryroete – Deel 118
Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van moskonfyt en mosstroop in Suid-Afrikaanse kookkuns.
Voedsame kos vir voedingskemas
Org van der Watt praat oor dwerggroei, wat sowat 2 miljoen Suid-Afrikaanse kinders onder vyf raak. Die StartWell-stigting is ‘n nie-regergeringsorganisasie wat die uitdaging aanpak met ‘n voedsame gereg wat kinders in verskeie voedingskemas ondersteun. Jy maak dit aan soos pap.
Filterfout
‘n Smaakmaker in China is 140 000 sosiale media-volgelinge kwyt ná ’n filter, wat haar voorkoms soos dié van ‘n porseleinpop maak, ophou werk het tydens ’n regstreekse uitsending. Toe sien die mense hoe sy eintlik lyk…