Spektrum 20 Februarie 2026

Die Minister van Minerale en Petroleum-hulpbronne, Gwede Mantashe, besoek die Ekapa-myn in Kimberley, waar vyf mynwerkers vasgekeer is. Die seun van die wyle president van Zimbabwe, Robert Mugabe, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn ná ‘n skietvoorval by ‘n eiendom in Johannesburg. Die DA kap die Tshwane Metro oor loonverhogings wat aan munisipale werkers toegestaan is.

Hoe gaan dit met jou kind? 20 Februarie 2026

Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor ’n vyfjarige dogtertjie wat sukkel om te eet. Sy het brongiëktase wat onder beheer is, maar die afgelope jaar het sy elke 6 tot 8 weke braakepisodes waar sy al die opgeboude slym uitbring, en daarna is sy weer reg..

Bunny Chow en Gatsby is loshande die gunstelinge vir tuisaflewering

Kort ná die Staatsrede deur pres. Cyril Ramaphosa het Mr D, die gewilde afleweringsdiens, sy eie State of the Food Nation bekendgestel. Dit bied ’n interessante blik op wat Suid-Afrikaners bestel wanneer die honger knaag en mense kitskos soek. Die data is nogal insiggewend. Hoewel ons graag op sosiale media stry oor politiek en pryse, stem die meeste mense saam oor Bunny Chow en Gatsby. Ons praat hieroor met Su-lise Tessendorf-Louw, hoofbemarkingsbeampte by Mr D.

Koffiesport 20 Februarie 2026

Die T20-krieketwêreldbekertoernooi se Super 8-fase lê nou voor. Pieter van den Berg en sy medekommentators gee hulle indrukke.

Historiese Almanak 20 Februarie 2026

Albe Grobbelaar praat oor datums. Daar word op ’n aantal verstommende toevallighede oor ‘n paar individue se geboortedatums en geboorteplekke gefokus.