Moslem-gelowiges het gister met die heilige maand van Ramadan begin. Hulle vas tot 14 ure per dag as deel van ’n periode wat aan gebed, refleksie en liefdadigheid gewy word. Die Moslem Juridiese Raad glo mense van ander geloofsgroepe kan ook hieruit inspirasie put deur respek, inklusiwiteit en begrip te toon. Ons praat met Shahieda Carlie, die aanbieder van Islam in Fokus op RSG.
In die kollig 1 – 20 Februarie 2026
Die Greys Anatomy-akteur, Eric Dane, sterf.
Geen groot verrassings in 2026-begroting verwag nie
Kenners verwag nie enige vuurwerke in die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede aanstaande week nie. Die minister sal waarskynlik hou by ’n primêre begrotingsurplus, en die verhouding tussen skuld en die bruto binnelandse produk probeer verlaag. Met die munisipale verkiesings wat voorlê, is groot belastingaanpassings ook onwaarskynlik. Ons praat hieroor met prof. André Roux, ’n ekonoom by die Stellenbosch Besigheidskool.
Wat jy vandag moet weet 20 Februarie 2026
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Monitor 20 Februarie 2026
President Ramaphosa verwerp oproepe om Swart Bemagtiging te skrap. President Trump stel ‘n ultimatum aan Iran. China posisioneer homself as ‘n groen supermoondheid. Zimbabwe skok vir Sri Lanka by die T20 wêreldbeker-toernooi.
RSG Bekbasaar: Agter die Tunes – Episode 2 (Die besigheid van musiek)
Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar verduidelik hoe die besigheidSkant van ‘n kunstenaar lyk. Hy praat oor handelsmerke, strategie en die finansiële aspekte wat in ag geneem moet word. Liezel Schlebusch, bestuurder van Droomsindroom, praat oor die administriewe kant. Sy vertel hoe praktiese reëlings benader word, die uitdagings wat konserte bied, en hoe sy die beeld van die groep bestuur.
Ikra 20 Februarie 2026
‘n Gewyde boodskap vir RSG se Moslemluisteraars.
RSG Landbou 20 Februarie 2026
Dr. Albert Strever, hoof van die Departement Wingerd en Wynkunde by die Universiteit Stellenbosch, praat oor studenteopleiding in landbou – van spesialiste in dissiplines tot veerkragtigheid in ‘n moderne werkplek en in industrieë met uitdagings. Hy vertel hoe universiteitsopleiding moet aanpas by die werkplek van die toekoms.
Tegnologie met Blaine 19 Februarie 2026
Blaine Jones praat met Capitec se Groep Uitvoerende Beampte vir Bemarking en Kliëntervaring, Francois Viviers, oor hulle nuwe entrepreneursrekening. Anna Collard van Knowbe4 praat oor kuberaanvalle.
Islam in fokus 19 Februarie 2026
‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.