ROGER SEDRES WÊRELDKLAS-SPORTFOTOGRAAF SONDER AANSIT deur Haidee Muller-Isaacs

Met verskeie Olimpiese Spele en ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Span SA se amptelike sportfotograaf. Roger het ikoniese foto’s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele en ander groot sportbyeenkomste. In 2025 het hy die Sport Visual Journalist of the Year-toekenning by die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings gewen, en hy het in 2022 ook die Fotograaf van die Jaar-toekenning ontvang. Hierdie dokumentêr bied ‘n intieme kykie na Sedres se loopbaan, sy benadering tot sportfotografie, en die rol wat sy unieke foto’s speel in hoe sport gesien en onthou word.

RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 19 Februarie 2026

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai. Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan. Volg RSG Geldsake op Twitter

Brandpunt 19 Februarie 2026

President Cyril Ramaphosa sê ondanks kritiek, wys Suid-Afrika tekens van herstel. Die vyf werkers van die Ekapa-myn in die Noord-Kaap is steeds soek. Hollywood se Cruise en Pitt swaai appels. Is dit oëverblindery?