FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 34

Piet beveel Anika en Cor om hom dadelik te kom sien. Piet is woedend omdat die verdwyning van sy kleinkind van hom weggesteek is. In ‘n oomblik van woede raak hy persoonlike inligting kwyt wanneer hy vir Anika uittrap. Cor is agterdogtig. Waarom praat sy pa met Anika asof hy haar veel beter ken as wat hy voorgee? Sy is tog net die assistentsekretaresse, dan nie?

Riaan Grobler se nuwe boek

Riaan Grobler vertel vir Martelize Brink van sy jongste roman, Die Avonture van Helga Roets, en hoe hy by skryf uitgekom het nadat hy drama studeer het.

Marius ry fiets vir kinderhuis

’n Vreeslose en dapper Marius du Preez maak flink planne om op sy toerfiets klim en ’n buitengewone reis te begin. Nie net vir persoonlike glorie of avontuur nie, maar vir iets veel dieper en betekenisvol. Vir hom gaan dit oor kinders, en om hulle weer te laat glimlag. Hulle noem hom The Unhurried Bike Packer.

Jonk 19 Februarie 2026

Valpré Huisamen praat oor die interaksie tussen kos en medisyne, en wat en wat nie saam werk nie.

Tweeduisend jaar oue skinderstories

‘n Boek wat 2 000 jaar gelede in Latyns verskyn het, se Engelse vertaling is tans bo aan die Sunday Times Hardeband Nie-fiksie Topverkoperlys.

Spektrum 19 Februarie 2026

Die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, getuig voor die Madlanga-kommissie dat daar kritiek was teen die politieke moorde-taakspan. Water word uit die Ekapa-diamantmyn in Kimberley gepomp, waar vyf mynwerkers nog vasgekeer. ‘n Australiese televisieverslaggewer vra om verskoning nadat sy dronk op lug verskyn het.

Groeipyne 19 Februarie 2026

Die wêreld kan soms baie wreed wees. Wat ons kan doen om ons kinders veilig te hou en paraat te maak? Ons fokus op lyfie-veiligheid. Wat is dit, en wat is dit nie? Lana Theron, ‘n geregistreerde berader en tans besig met haar doktorale tesis met haar navorsing gerig op lyfieveiligheid, gee praktiese raad aan ouers.

Gaos Margaret Coetzee se Baarmoedertaal

Gaos Margaret Coetzee is die senior stamhoof van die Inqua-stam. Sy werk al dekades lank aan die herstel van identiteit, taal en regte van Suid-Afrika se Eerste Inheemse Nasie. Sy praat oor iets wat baie mense nie eens weet dat hulle dit verloor het nie: die Baarmoedertaal, die oorspronklike kliktaal, kultuurkennis en identiteit wat oor geslagte heen stilgemaak is.

Sterskieter 19 Februarie 2026

Deel 1: Jolyn Phillips is ’n bekroonde digter, skrywer en kunstenaar, wie se werk taal, identiteit en storie op ’n kragtige manier saamvloei. Sy het al nasionale erkenning vir haar poësie en prosa ontvang, en haar stem word as een van die belangrikstes in kontemporêre Afrikaanse letterkunde beskou. In hierdie gesprek leer ons Jolyn nie net as kunstenaar ken nie, maar ook as mens.