Suid-Afrika se stryd teen bek-en-klouseer kry teen die naweek ’n reuse-hupstoot wanneer ’n miljoen entstowwe uit Argentinië na verwagting in die land sal aankom. Die landboubedryf slaak ’n sug van verligting, want streke wat die ergste geraak is, sal voorkeur kry. Samewerking tussen die regering, private sektor en boere bly egter noodsaaklik om die siekte te beheer. Ons praat hieroor met John Steenhuisen, die minister van landbou.
In die kollig 2 – 19 Februarie 2026
‘n Australiese televisieverslaggewer, Danika Mason, het om verskoning gevra nadat sy op lug onder die invloed van drank was.
Is DA besig om uitgekuier te raak met idee van RNE?
Is die DA besig om weg te beweeg van die idee van ’n regering van nasionale eenheid? Die party se rol as effektiewe opposisie en sy verhouding met die ANC kom in die aanloop tot die munisipale verkiesings opnuut onder die vergrootglas. Daar woed ’n kwaai interne debat oor die DA se identiteit en strategiese koers. Hoe dit die party se rol in Suid-Afrika se politieke toekoms sal bepaal, is ’n kernkwessie vir kiesers en ontleders. Ons praat hieroor met Gert Coetzee, ’n Netwerk24-rubriekskrywer en oudredakteur van Volksblad.
Historiese Almanak 19 Februarie 2026
Albe Grobbelaar praat oor Karen Silkwood, ’n Amerikaanse laboratoriumwerker en fluitjieblaser wie se naam ná haar raaiselagtige dood, aan kernveiligheid en korporatiewe aanspreeklikheid gekoppel is.
Sakenuus 19 Februarie 2026
Dawie Roodt van die Efficient-groep praat oor die verskil tussens mans en vroue se salarisse.
Weermag teen bendes: Oplossing of pleister op ’n oop wond?
Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging tydens sy Staatsrede dat die Weermag in die Wes-Kaap ontplooi sal word om bendegeweld hok te slaan, ontlok steeds gemengde reaksie. Vir baie gemeenskappe op die Kaapse Vlakte, waar duisende mense reeds hulle lewe verloor het, klink enige ingryping na hoop. Maar is die Weermag werklik ’n oplossing, of net ’n tydelike pleister op ’n oop wond? Ons praat met Quinton Adams, ’n sielkundige en navorser wat reeds verskeie wetenskaplike studies oor bendegeweld gedoen het.
In die kollig 1 – 19 Februarie 2026
Hannah Montana is na jare weer op TV te sien.
Afrika se toekoms: ’n Nuwe blik op elektriese mobiliteit
’n Nuwe dokumentêre reeks, Recharging Hope, wys hoe Afrika sy eie pad na volhoubare mobiliteit oopry. Die reeks volg die ombouing van voertuie soos ’n Suzuki Carry en ’n Volkswagen Kewer. Die projek gee ’n blik op wat elektriese vervoer vir die toekoms van Afrika se stedelike en landelike mobiliteit kan beteken. Ons praat hieroor met dr. Stephan Lacock, ’n navorser by die Universiteit Stellenbosch se elektriese mobiliteitsentrum en markleier van Roam Suid-Afrika.
Wat jy vandag moet weet 19 Februarie 2026
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Monitor 19 Februarie 2026
Talle burgerregteorgansasies eis dat die waterkrisis in Gauteng tot ‘n nasionale ramp verklaar word. Afriforum dagvaar die president oor die grondwetlikheid van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys dat die swart middelklas sedert 2012 betekenisvol gegroei het.