Optel is ‘n gemeenskap se hond, en nou is hy skoonveld. Die gemeenskap is ontsteld, en almal soek naarstiglik na hom. Hoor watter verskil ‘n dier in ’n hele gemeenskap maak, en ook ‘n rol in ‘n film speel. Dit is die storie van Finding Optel, wat sy debuut in 2025 by die Silwerskermfees gemaak het. Dit het daar ‘n toekenning verwerf. Mikayla Brown, skrywer, regiseur en aktrise vertel waarom sy juis hierdie storie van Optel wou vertel. Maar om ‘n hond in ‘n film te sien, beteken daar was ‘n hond op ‘n filmstel. Garin van Munster doen diere-afrigting op filmstelle, televisiereekse en advertensies. Hy sorg dat perde galop en katte op die regte plek in in ‘n film miaau. Ons hoor hoe ‘n regisseur met diere in ‘n produksie te werk gaan.
Vroegoggengedagte 19 Februarie 2026
Ds. Christo Botha van die NG Kerk Proteahoogte, Kaapstad.
RSG Landbou 19 Februarie 2026
Daar is groot kommer oor die impak wat verskeie kaktusspesies op weiding het. Het jy geweet daar is navorsing wat bewys dat dit nie net nadelig is vir wol- en sybokhaarproduksie nie, maar dat dit ook vleisgehalte kan beïnvloed indien die dier dit sou vreet? Noord-Kaapse veeprodusente word uitgenooi om die kaktusspesies wat ‘n probleem op hulle plase is, na ‘n inligtingsdag op Upington te bring. Rhodes Universiteit doen tans navorsing hieroor. Johan van den Berg het die jongste landbouweernuus.
Kompas 18 Februarie 2026
Hoe inkorporeer universiteite KI? Watter impak het dit op studente? Hoe relevant sal ‘n universiteitsgraad bly vir studente met die toenemende gebruik van KI?
Skrywers en boeke 18 Februarie 2026
Februarie word wêreldwyd as die maand van die liefde beskou. Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul, Irma Joubert, Elsa Winckler, Malene Breytenbach, Kristel Loots, Santie van der Merwe, Helene de Kock en Dina Botha oor die plek van romantiese fiksie in Afrikaans. Johan Myburg praat oor die boeke op die langlys vir die Womens Price for Non-fiction; LOST LAMBS, ‘n aweregse, humoristiese roman wat die boekwêreld aan die gons het; en Cees Noteboom, die Nederlandse skrywer wat onlangs oorlede is.
Aandgedagte 18 Februarie 2026
Ds. Stephen Snyman van die Calvyn Protestantse Kerk van Suid-Afrika, Athlone.
“Direkteure se plig is teenoor die maatskappy – nie aandeelhouers nie”
Adv. Annamarie van der Merwe – uitvoerende voorsitter: FluidRock Governance Volg RSG Geldsake op Twitter
Ongewilde aandele kan op die langtermyn beter waarde bied
Pieter Koornhof – portefeuljebestuurder, Allan Gray Volg RSG Geldsake op Twitter
Hoë goudprys verdubbel DRD-wins, ten spyte van laer produksie
Niël Pretorius – uitvoerende hoof, DrDGold Volg RSG Geldsake op Twitter
Nuwe OBK-fonds wil nuwe mynprojekte finansier
Heidi Sternberg – spesialis: mynbousektor, PIC Volg RSG Geldsake op Twitter