Brandpunt 18 Februarie 2026

Die geskorste Nasionale Adjunk Polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, getuig voor die Madlanga-kommissie. Tagtigduisend selfdoodgevalle word in die eerste vier weke van 2026 wêreldwyd aangeteken. Vordering in herstelwerk by die Krugerwildtuin na die onlangse verwoestende oorstromings.

Kuns met kontant 18 Februarie 2026

Deel 1: Vir talle kykers is sy Bridgette Jacobs in Suidooster, waar Denise Newman die afgelope tien jaar ’n vaste inkomste verdien – ’n seldsame stukkie stabiliteit in ’n bedryf wat selde finansiële sekuriteit bied. Maar Denise se pad strek veel verder as ’n langdurige televisierol. Lank voor die kollig het sy as maatskaplike werkster in Kaapstad gewerk, waar sy eerstehands ervaar het hoe vroue in gewelddadige huwelike vasgevang bly omdat finansiële afhanklikheid hulle sonder ‘n uitkoms laat. Daardie belewenis van armoede, veerkragtigheid en die stille finansiële handel en wandel van oorlewing weerklink sterk in haar bekroonde vertolking in Shirley Adams, waar sy ’n ma vertolk het wat aan alle hoop vasklou te midde van swaarkry. Henco Kruger en Denise se gesprek beweeg tussen verhoog en skerm, tussen stabiliteit en stryd, en oor die ingewikkelde vryheid wat kom wanneer ’n vrou uiteindelik haar eie inkomste kan verdien.

FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 33

Sandra Jacobs word deur speursersant Fortuin ondervra. Arend Fillis onderbreek hulle ondervragingsessie met ontstellende nuus oor Stefan. Piet is woedend, en wil dadelik vir Stefan afdank, maar Sandra en Janine kom tot sy redding. Dan deel Sandra ‘n geheim wat die twee Du Preez-broers al vir so lank wegsteek. Miskien is hierdie die antwoord tot Norman se skielike omwenteling en vreemde gedrag?

Wêreld se beste Chenin Blanc-wynmaker

Johan Jordaan is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wêreld se beste Chenin Blanc-wynmaker aangewys. Martelize Brink praat met hom oor sy sukses.