Wêreld se beste Chenin Blanc-wynmaker

Johan Jordaan is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wêreld se beste Chenin Blanc-wynmaker aangewys. Martelize Brink praat met hom oor sy sukses.

Wat kan ons leer by… 18 Februarie 2026

Dr. Mandie Uys vertel van China en hoekom die Chinese met al die kennis tot hulle beskikking en uitvindsels soos die kompas en buskruit, nie die wêreld oorheers het nie.

Klere groei saam met die kind

‘n Lugvaartingenieur van Engeland is deesdae ook ‘n kleremaker. Omdat kinders so gou uit hulle klere uit groei, het dit hom laat besluit om kinderklere te maak wat kan rek soos die kind groei. Die ontwerp is geinspireer deur hoe satelliete gebou word.

Spektrum 18 Februarie 2026

Oproepe dat die publiek oor die weermag se ontplooiing in woonbuurtes opgevoed word om wanindrukke en wantroue aan te spreek. Vrese dat bek-en-klouseer ook in Botswana voorkom. Die Amerikaanse ambassadeur maak sy opwagting, terwyl Suid-Afrika steeds sloer met sy ambassadeur na die VSA.

Gesondheid 18 Februarie 2026

Lede van Discovery Health het onlangs groot geskrik toe dié mediese fonds skielik sowat R130 miljoen van hulle wou terugverhaal. Gelukkig is dié terugverhalings in die kiem gesmoor. Maar dié terugeise vind al oor jare en jaar-vir-jaar plaas, en voedingkundiges, dieetkundiges, fisioterapeute, perfusietegnoloë en talle dokters moes in gevalle elk meer as R1 miljoen terugbetaal, al was die eise voorheen goedgekeur. Hoe werk “claw backs”, herhaalde administratiewe foute, en wat bepaal die wet? Marí Hudson praat met ‘n regsgeleerde.

Kultuur 18 Februarie 2026

Marno Boshoff is nie net ‘n gewone professionele persoon nie; hy is ‘n denkleier met ‘n missie om beter werkplekke te skep en mense se omgewings ten goede te verander. Hy noem homself ‘n kultuurevangelis. Hy kyk in hierdie reeks na wat kultuur is, hoe dit gevorm word, en hoekom dit soveel meer as net ’n modewoord is.

Onwettige verbindings oorlaai Eskom se netwerk

Onwettige verbindings en misdadigers wat met meters peuter, oorlaai Eskom se netwerk. Dit veroorsaak onderbrekings en stel mense aan ernstige risiko’s bloot. Hierdie probleem raak elke betalende kliënt. Skole, hospitale en huishoudings voel die impak, en daar is geen eenvoudige oplossing nie. Eskom reageer nou hierop met ‘n landwye uitrol van slimmeters. Dit is tegnologie wat ontwerp is om elektrisiteitsdiefstal op te spoor, verliese te verminder en die betroubaarheid van die netwerk te verbeter. Ons praat hieroor met Ronel Kotze, Eskom se woordvoerder in Gauteng.