Taaldinge

Wat is ‘n sjabloon? Waar kom die woord kafoefel vandaan? Sal die Stormers die Curriebeker wen as die “s” uit Stormerskaptein gehaal word.

Oggenddiens

Ds. Annelize Endres van die NG Gemeente Wonderpark.

RSG Sport

Scarra Ntubeni is een van die opwindenste jong hakers in Suid-Afrikaanse rugby. Jody Hendricks het met hom en sy ma gesels om te hoor hoe hy as kind was en die rol wat sy ma in sy loobaan gespeel het.

RSG Sport

As jy nog altyd ‘n hunkering gehad het om gholf te speel, gee RSG Sport jou verskeie wenke hoe om die spel aan te leer en, indien jy reeds ‘n gholfspeler is, hoe om jou spelpeil te verbeter.

RSG Dokumentêr

Goeie paaie, elektrisiteit en skoon, lopende water is maar net ‘n droom in baie dele van die voormalige Transkei. In sommige gebiede is gesondheidsdienste so ver weg van waar mense bly, en so sleg toegerus, dat dit so goed is as geen dienste nie. Babas sterf aan maklik behandelbare siektes soos diaree en omdat hospitale so geisoleerd en moeilik bereikbaar is, word oordraagbare toestande soos MIV en tuberkulose dikwels nie betyds behandel nie. Die meeste mense in die voormalige Transkei het nie werk nie. Armoede is endemies en maatskaplike probleme soos alkoholisme is algemeen. Maar een gemeenskap het ongewone en daadwerklike stappe gedoen om die probleme aan te pak. In die proses is, en word, baie lewens gered. Mia Malan en Darren Taylor het ‘n week in die Bulungula-distrik aan die Oos-Kaap se Wildekus spandeer…

Skrywers en Boeke

Luister na ‘n heruitsending van Ina Strydom se dokumentêr oor C.J. Langenhoven wat vandeesmaand 140 jaar gelede gebore is. Terrance April vertel meer oor Yulisa Amadu Maddy van Sierra Leone en Johan Myburg gesels onder meer oor die skrywers Dorothy Parker, E.L. James en Barbara Cartland. Daar is ook nuus oor ‘n Suid-Afrikaanse poësiekompetisie.

Geestesgesondheid

Verhoudings is baie gekompliseerd, maar wat staan jou te doen wanneer daar ontrouheid was of is? Hoe konfronteer jy die persoon? Is daar ‘n spesifieke manier om daardeur te werk? Kan ‘n mens leer om iemand weer te vertrou?

Vers en Klank

“Ouers is nie gemaak om hulle kinders te begrawe nie,” hoor ons so dikwels. Die program word gewy aan die pyn en lyding van dié wat kinders, kleinkinders, broers, suster, niggies, neefs of jong vriende aan die dood moes afstaan.