RSG Sport

Pieter van den Berg praat met die Cheetahs se afrigter, Naka Drotksé, oor hulle 15-14 nederlaag teen die WP.

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.

Sterre en Planete

Wat sal gebeur met die rotasie van die maan as die hemelliggaam skrams deur ‘n asteroïde getref word? En hoewel dit nie direk met die ruimte te doen het nie, gesels die kundiges ook oor Elon Musk se Hyperloop wat baie vinnige vervoer op aarde moontlik kan maak. Daar is ook ‘n insetsel oor hoe mens in die Internasionale Ruimtestasie na die kleedkamer gaan.

Rand en sent

Noem dit finansiële mishandeling, finansiële geweld of ekonomiese geweld – om finansieel deur jou maat afgeknou te word, laat ʼn mens dikwels sonder ʼn sent en sonder selfvertroue.

Leefwêreld van die Gestremde

Die volgende stelling word in perspektief gestel: “As jy een mens met demensie ontmoet het, dan het jy slegs een mens met demensie ontmoet”

Hoe verklaar jy dit?

Wat veroorsaak dat Halley se komeet in dieselfde baan om die son bly beweeg? Kan ‘n koedoe werklik deur die binnekant van sy horings sien wat bo sy kop aangaan? En watter bydrae lewer beeste en rioolplase tot aardverwarming?

Taaldinge

Magdaleen Krüger gesels oor die herkoms van sekere kerk-terme en in die taalspeletjie kan jy jou spelling en kennis van literêre werke toets.

Oggenddiens

Prof. Kobus de Smidt van die Familia Dei Gemeente, Weavindpark.