Jody Hendricks praat met die Griekwas se afrigter Pote Human oor hulle eerste Curriebekerwedstryd en die seisoen.
Islam in Fokus
‘n Gespreksprogram vir Moslemluisteraars.
RSG Dokumentêr
Evita se Perron op Darling het ‘n hele dorp se mense geraak en hoop gebring. Opvoeding deur vermaak, en vermaak tot entrepeneurskap en eienaarskap. Ervaar dit saam met Johan Rademan wat jou daarheen neem op ‘n onvergeetlike rit en avontuur. Johan loop ligvoets deur die uitnemende werk van die Darlingtrust onder beskermheer Pieter-Dirk Uys en Tannie Evita. Uit die kunste is daar onder andere gebore: ‘n teaterrestaurant, museum, skooltjie, sportspanne, swembad, kleinsake-ondernemings, voorkamerfees, studiehulp, vakansievermaak, maar bowenal bemagtiging. Moenie die verreikende gevolge van ‘n fout wat in 1995 gemaak is, misloop nie. Klim op die trein en beleef die mense van Darling eerstehands.
Skrywers en Boeke
Konstantin Sofianos, dosent in Engelse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad, gesels met Karen Jayes oor haar roman FOR THE MERCY OF WATER, wat haar onlangs The CNA/Sunday Times Literary Award for Fiction besorg het. Hulle praat onder meer oor die temas en metafore in die boek. Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor haar jongste spanningsroman, SIENDE BLIND. Chanette is ook manuskripontwikkelaar vir LAPA-uitgewers, en praat ook oor die skryfkuns in die algemeen. Terrance April se Afrika-skrywer van die week is JAHMAL MAHJOUB van Somalië.
RSG Sport
Jody Hendricks praat met Paul Treu wat pas bedank het as afrigter van die Sewes Springbokspan.
Geestesgesondheid
‘n Nuwe RGN verslag toon dat Suid-Afrika se gesondheidsdienste op ‘n ramp afstuur weens die ontploffing in leefstylsiektes soos hartprobleme, hoë bloeddruk en diabetes. En dit raak ons sakke, want mediese fondspremies kan nie byhou by die nuwe epidemie nie. Mari Hudson praat met ‘n gesondheidsorgkenner oor leefstylsiektes en mediese fondspremies en hy gee ook praktiese raad.
Geestesgesondheid
Homoseksualiteit is ‘n onderwerp waaroor baie gepraat en geredineer word, maar wat van die indiwidu wat met al die vrae en stigmas moet worstel? Louis & Lise gesels oor die moontlike sielkundige toestande wat kan ontwikkel as gevolg van die angs wat iemand kan ervaar wat in die “kas” is. Hulle bespreek ook die belangrike rol van ouers in hierdie situasie.
Vers en Klank
Bernard Odendaal lees van sy eie verse voor.
Kruis en dwars 11 Augustus 2013
Met die oog op Vrouemaand gesels Johan van Lill met Adri-Louise van Renen Fourie, redakteur van die NG Kerk se Kerkbode-koerant en Lig-tydskrif oor haar stryd teen kanker en hoe haar geloof haar op hierdie pad dra.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.