Jody Hendricks praat die WP se afrigter Allister Coetzee oor die span se voorbereiding vir die Curriebeker.
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Dana Snyman oor hoe hy sy werk benader. Sy gesels ook met Bettina Wyngaardt oor haar nuwe roman VUILSPEL wat die belangrike tema van korrektiewe verkragting aanraak. Johan Myburg vertel meer oor Tennyson, en ook oor navorsing wat die verband tussen jou leesvoorkeure en sjokolade – van alle dinge – bestudeer het. Terrance April se Afrika-skrywer van die week is Jack Mapanje van Malawi. Gerrit Rautenbach gesels oor sy bundel reisverhale, HARTEPAD. Nathan Trantraal lees drie gedigte voor uit sy bundel, CHOKERS EN SURVIVORS.
Geestesgesondheid
Louis en Lise gesels oor die emosionele uitwerking wat ‘n miskraam of infertiliteit op ‘n vrou en haar gesin kan hê. Hulle gesels met Martelize van der Linde wat deur twee onsuksesvolle swangerskappe gegaan het, nooit kinders van haar eie kon kry nie en in die proses amper haar lewe verloor het.
Vers en Klank
Libby Daniels lees Antjie Korg se gedig SKRYFODE.
Kruis en dwars 4 Augustus 2013
Johan van Lill gesels met dr. Pieter Barnard oor hoe om as gelowige intelligente besluite te neem en emosioneel standvastig op te tree.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Sterre en Planete
Is Saturnus die enigste planeet met ringe? Daar is ook inligting oor die huidige posisie van die ringplaneet in die hemelruim. Ons gesels ook met Rainer Jakob, ‘n man wat sonwysers bou. Hy het tydens die Scopex uitstalling nie minder nie as 17 verskillende soorte sonwysers uitgestal wat hy self gebou het.
Rand en sent
Staan jy as vrou finansieel op jou eie voete, of laat jy die geldsake aan manlief oor? Is dit ʼn goeie idee om jou bankrekening te deel, of is dit beter om jou eie rekenings te hê? Hoe neem ʼn vrou beheer van haar geldsake? Dink jy en jou lewensmaat dieselfde oor geld, of het julle ernstige verskille?
Ons en die Onderwys
Met sy dubbelbane in teenoorgestelde rigtings is Koebergweg een van die gevaarlikste paaie in die Wes-Kaap. Anthea het gaan inloer by Laerskool Ysterplaat, wat oorkant dié pad geleë is, om meer uit te vind oor hulle padveiligheidbewusmakingsveldtog.
Leefwêreld van die Gestremde
’n Aantal vroue vertek hoe hulle lewe deur gestremdheid geraak word.