Naweekaktueel

Vennootskappe in die bemagtiging van mense met ‘n geestesongesteldheid, is die onderwerp van ‘n boek wat deur ‘n skisofrenielyer geskryf is. Charlene Zunkel is die kommunikasiebeampte van die nieregeringsorganisasie, Gauteng Mental Health Society. Die boek het gevolg nadat die internasionale mediese joernaal, Lancet, Zunkel in 2011 gevra het om ‘n artikel oor dieselfde onderwerp te skryf. Die boek se naam is EMPOWERMENT AND PARTNERSHIP IN MENTAL HEALTH – DISCOVERING THEIR VOICE.

Naweekaktueel

Ons het Dinsdagoggend op RSG se nuusprogram Monitor ‘n onderhoud uitgesaai met die kunstenaar, Lieze Stassen, wat tien jaar lank uit die openbare oog verdwyn het. Sy was destyds bekend vir haar CD, THULA, waarvoor sy in 1997 ‘n SAMA-toekenning vir die beste kontemporêre album ontvang het. Haar op en wakker komposisie BOKKIE was ook veral onder RSG-luisteraars baie gewild. Maar nou is sy volstoom terug nadat sy haar stem weer gevind het ná die dood van haar sewentienjarige seun, Alexander. Sy gaan binnekort haar splinternuwe CD MY HART JOU GEBED aan die publiek bekend stel. Wilna Matthee het Stassen uitgevra oor hierdie kreatiewe skepping.

RSG Dokumentêr

“Dit het gevoel asof ek doodgaan!” sê die sanger Karlien van Jaarsveld en die aktrise en aanbieder, Angelique Gerber, oor ‘n groot ding wat hulle in hulle lewens oorkom het. Die twee sterre maak hulle harte oop oor iets waaroor hulle nog nooit voorheen gepraat het nie.

Skrywers en Boeke

Ilse Salzwedel gesels met Ilse Carla Groenewald oor haar super sexy Afrikamasutra. Ilse gesels ook met Verna Vels, wat verlede maand haar tagtigste verjaarsdag gevier het. Leti Kleyn van Tukkies vertel van ‘n leeskamerprojek vir behoeftige leerders waarby luisteraars ook kan betrokke raak. Terrance April vertel meer oor die Afrikaskrywer Maya Pearce.

Geestesgesondheid

Drink jy graag ‘n drankie na werk? Kan jy voel hoe jou lyf daarna smag? Sê mense gereeld vir jou jy drink te veel? Is jy bang jy, of jou geliefde, is dalk ‘n alkoholis? Louis en Lise vertel jou hoe jy jou lewe weer kan terugneem.

Vers en Klank

Adam Small lees MADIBA 95, ‘n gedig wat hy geskryf het ter viering van Nelson Mandela se verjaarsdag.

Kruis en dwars 28 Julie 2013

In hierdie intergeloofgesprek word ondersoek ingestel na die konsepte van vrees en geloof. Mense is somtyds bang vir die hel en word so “gedwing” om te glo en ander mense staan in verwondering oor God en kies om te glo.

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.