Wat is Bi-polêre Gemoedsversteuring? Hoe kry ‘n mens dit? Hoe kan ‘n mens daarmee saamleef? Elsabe Britz, wat al jare lank met hierdie toestand saamleef, deel haar verhaal.
Vers en Klank
Margot Luyt lees verse van Jean Goosen wat in Julie vanjaar 75 jaar oud geword het.
RSG Sport
Leigh Julius is die voormalige 100m en 200m SA-kampioen. Hy praat met Jody Hendricks oor die dwelmskandaal wat die atletiekwêreld onlangs getref het.
Kruis en dwars 21 Julie 2013
Lizelle de Bruin gesels met ‘n sendeling en ‘n leraar in Zimbabwe oor hulle geloofservarings in Afrika.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Sterre en Planete
In die winter is een van die belangrikste konstellasies, die Skerpioen, wat regoor ons hang. Die belangrikste ster in die konstellasie is Antares en as mens dié rooi reus in ons son se plek sit, sal dit so groot wees dat dit selfs Mars sou insluk. Prof Matie Hoffman verduidelik ook wat die funksie is van die Groot Hadron-versneller in Switserland.
Rand en sent
Julie is spaarmaand, maar hoe gemaak om aan die spaar te kom? Spaar klink so voor die hand liggend, maar vir baie mense is dit juis een van die moeilikste dinge om onder die knie te kry.
Ons en die Onderwys
Bykans 9 000 onderwysers in die Wes-Kaap het tydens die Junie-vakansie kurrikulum-opleiding bygewoon. Dié opleiding berei onderwysers voor vir 2014 wanneer die derde en laaste implementeringsfase van die Nasionale Kurrikulum Beleidsverklaring (NKBV) oftewel CAPS in Graad 7 tot 9 en Graad 12 plaasvind.
Leefwêreld van die Gestremde
Beryl-Anne Munnik van Kaapstad vertel hoe gehoorverlies haar interaksie met ander mense beïnvloed.
Oggenddiens
Pastoor Peet van der Westhuizen van House of My Glory, Centurion.