RSG Dokumentêr

Die mens kyk al eeue lank na die naghemel en tob oor die sin van lewe en die oneindigheid van die ruimte. Daar is al baie pogings aangewend om mensgemaakte voorwerpe soos satelliete en ruimtetuie die swart ruimte in te stuur en mense het al die swaartekrag van die aarde al verruil vir dié van die maan.

Skrywers en Boeke

Ilse Salzwedel praat met die Sestiger, Chris Barnard, oor sy loopbaan en gunsteling boeke. Sy praat ook met Deon Meyer, topverkoperskrywer van spanningsverhale, oor nuwe werk uit sy pen, asook oor Die Laaste Tango, die film waarvan hy nie net die draaiboek geskryf het nie, maar ook die regie behartig het. Johan Myburg praat oor die ondersoek na die oorsaak van die dood van die digter Pablo Neruda, asook oor Khaleid Houssini se jongste boek And the mountains echoed. Terwyl die wêreld gons oor die feit dat J.K. Rowling al die tyd die ware skrywer is van The Cuckoo’s Calling, wat in April gepubliseer is onder die naam Robert Galbraith, praat ons bietjie oor skrywers en hulle skuilname. Daar is ook ʼn argiefonderhoud met die skrywer Mikro – sy regte naam was Christoffel Hermanus Kühn – wat vanjaar 110 jaar gelede gebore is. Die opname is sestig jaar gelede gemaak. Vandeesweek stel Terrance April die Afrikaskrywer Morabu Morjele van Lesotho aan ons voor.

Geestesgesondheid

Vir baie ouers is ‘n tiener ‘n spesie op hulle eie. Meeste van die tyd praat hulle ‘n onverstaanbare taal. Hulle verander daagliks en mens weet nooit wat om volgende te verwag nie. Cornel van der Merwe, ‘n kliniese sielkundige van die Paarl vertel hoe jy en jou tiener weer dieselfde taal kan praat.

Kommentaar

RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Ons en die Onderwys

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.