‘n Reeks dokumentêre programme deur ‘n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Sterre en Planete
Prof. Matie Hofmann verduidelik wat mikrogolfagtergrondstraling is. Daar is ook inligting oor ‘n sending na Pluto wat langsamerhand sy klimaks bereik. En Willie Koorts praat oor die supermaan wat onlangs te sien was.
Kruis en dwars 30 Junie 2013
Johan van Lill met dr. Chris Jones en Sjeg Thaffier Najjar oor die wederkoms en hoe verskillende gelowe daaroor dink.
Kommentaar
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Rand en sent
Die afgelope drie maande se reeks oor finansiële vryheid word afgesluit met ‘n terugblik op die lesse wat ons geleer het saam met die karakters in die gewilde finansiële dramareeks, Astrid, Esther, Beverley en Jacques.
Ons en die Onderwys
Is jy ʼn gegradueerde wat jou kundigheid en talente wil inspan om ʼn verskil te maak in skole en gemeenskappe? Die Teach South Africa-program werf jong gegradueerders wat spesialiseer in vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Tegnologie of Engels en plaas hulle in skole wat sukkel om die mas op te kom in dié vakke.
Leefwêreld van die Gestremde
Fanie du Toit kyk na die eerste bioniese oog en die impak van retinitis pigmentosa op die mens en die omgewing.