Magdaleen Krüger vind meer uit oor Afrikaans in die Katolieke kerk en liturgie en wat ‘n groepie entoesiastiese taalmense in hulle eie omgewing doen om Afrikaans te bevorder.
Oggenddiens
Johan Heystek van die Mosaïek Gemeente in Johannesburg.
Naweekaktueel
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Islam in Fokus
‘n Gespreksprogram vir Moslemluisteraars.
Radioteater
Dit is ’n veelvlakkige drama wat afspeel in postapartheid Suid-Afrika, met terugflitse na 1990, toe die vrylating van Nelson Mandela nog net in die vooruitsig gestel is. Ronnie het ’n prokureur geword, terwyl sy boesemvriend, Jerome, tronkstraf uitgedien het. Anél is getroud met Ronnie en woon in Tamboerskloof in Kaapstad. As verslaggewer in die Ou Suid-Afrika, het sy bevriend geraak met Malaysia, ’n verpleegster van Bishop Lavis wat ’n kind in ’n skietongeluk verloor het, en destyds met Ronnie getroud was.
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Berg oor sy spanningsroman, ʼn Ander mens, wat resensente gaande gehad het toe dit in 2004 as Nobody Dies in Nieu-Seeland uitgegee is. Doks Briers, programorganiseerder van die Vryfees se boekeprogram, vertel wat hulle alles beplan vir boekwurms. Daar is ook ʼn huldeblyk, wat onder meer ʼn onderhoud uit die argief insluit, oor die bekroonde spanningskrywer Piet Steyn, wat in Mei vanjaar oorlede is, enkele ure nadat hy ʼn radiodrama vir RSG geskryf het.
Geestesgesondheid
Hoewel die voorkoms van selfdood in Suid-Afrika baie hoog is, bly dit ‘n duistere onderwerp vir die meeste mense. Wat veroorsaak dit? Hoe beweeg ‘n mens aan nadat ‘n geliefde hulle lewe geneem het? Die bekende skrywer en joernalis, Jeanne Els, deel haar eie selfdoodpoging met ons en hoe sy geveg het om uit die donkerte van depressie te kom. Niemand kan ooit met sekerheid sê hoekom iemand hulle lewe beeїndig het nie, maar ons kan deur Jeanne se storie dit dalk beter verstaan.
Vers en Klank
Johann Nel lees vrolike verse.
Kommentaar
Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.
Sterre en Planete
Daar gaan ‘n digitale planetarium by die Sterrewag in Bloemfontein op Naval Hill opgerig word. Matie Hoffman verduidelik wat die verskil tussen ‘n digitale en ‘n tradisionele optiese planetarium is, en Laetitia van Rensburg van die Vrystaatse regering vertel hoe die provinsie betrokke geraak het. Prof. Pieter Meintjes van die Vrystaatse Universiteit se Departement Fisika vertel ook hoe die aantal studente wat sterrekunde wil bestudeer, toegeneem het.