Johan van Lill gesels met dr. Jannie le Roux, geluksmentor en skrywer, oor geluk en watter rol jou geloof speel om jou gelukkig te maak. Jannie werk gereeld met leiers oor die tema van geluk, ook in die werksomgewing.
Rand en sent
’n Begrafnispolis en lewensversekering kan jou geliefdes baie spanning en koste spaar as jy die dag nie meer daar is nie.
Ons en die Onderwys
Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ADHD) affekteer leerders se vordering op skool. Dr. Thereza Bothma van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verduidelik hoe ouers en onderwysers leerders wat met dié toestand gediagnoseer is, kan ondersteun.
Leefwêreld van die Gestremde
Fanie du Toit kyk na die impak wat die Overstrand Vereniging vir Persone met Gestremdhede op die Hermanus-omgewing het.
Hoe verklaar jy dit?
Is dit moontlik om die verlore stad van die Kalahari met behulp van satellietfoto’s op te spoor? Het die mens se geestelike en kulturele eienskappe gelyklopend met sy fisies-biologiese eienskappe deur evolusie ontwikkel? Wat veroorsaak die sogenaamde sonpilare wat ‘n luisteraar soms met sonsondergang op die Gariepdam waarneem?
Taaldinge
Daar word gepraat oor ‘n projek wat unieke Afrikaanse woorde en uitdrukkings uit die bruin Afrikaanssprekende gemeenskap soek. In die taalspeletjies gaan dit oor blokraaiwoorde en die skryfwyse van dier-, voël- en plantname.
Oggenddiens
Pastoor Francois Basson van die Uppington Familiekerk.
Naweekaktueel
Die jongste motornuus.
Naweekaktueel
‘n Woordeboeksamesteller het ‘n taai werk, maar as daar passie by betrokke is dit ‘n pure lekkerte. Dis dan ook so met professor Ernst Kotzé van Port Elizabeth, voorheen van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Hy het al ‘n Afrikaans/Zoeloe woordeboek die lig laat sien, maar dis sy projek om ‘n Afrikaans/Japans woordeboek saam te stel, wat sy trots is. Die projek en navorsing hou hom al langer as 13 jaar besig en behels ook ‘n grammatika-handleiding wat terselfdertyd sal verskyn. Veronica Fourie het in die Baai met hom gesels oor sy liefde vir hierdie Oosterse taal en kultuur.
Naweekaktueel
Die wêreld se oudste uithou-motorwedren begin oor ‘n paar uur buite die dorp Le Mans in noordwes Frankryk. Anna-Marie Jansen van Vuuren het dié renbaan besoek om te kyk waarom dit as díé baanuithouren beskou word.