Korttermynversekering is iets wat meeste mense met ’n swaar hart koop, maar die dag as jy dit nodig kry, is jy meer as dankbaar dat jy dit wel gedoen het.
Ons en die Onderwys
ʼn Nasionale Beroepsgerigte Sertifikaat wat by ʼn VOO-kollege verwerf word, is ʼn goeie opsie vir persone sonder Graad 10, 11 en 12. So sê Ivan Swart, die Kommunikasie- en Geleentheidsbeampte van Northlink Kollege.
Leefwêreld van die Gestremde
Wat is demensie? Wat beteken die atrofie van die menslike brein? Wat is die impak van demensie op die mens, sy geliefdes en die omgewing?
Hoe verklaar jy dit?
Is dit moontlik dat ‘n boom twee verskillende soorte blare kan hê? Wanneer begin slange hiberneer? En daar is onlangs ‘n nuwe reeks posseëls uitgereik waarop afbeeldings van motte en skoenlappers verskyn. Hoekom is juis hierdie spesifieke spesies gekies?
Taaldinge
Wat is die vereistes vir die aanleer van ‘n Afrikataal?
Oggenddiens
Ds. Lieneke Neetling van die NG Gemeente Garsfontein.
Naweekaktueel
Die jongste motornuus.
Islam in Fokus
‘n Gespreksprogram vir Moslemluisteraars.
Radioteater
Xander is ’n skrywer op soek na rus en stilte op die platteland, maar sy nuwe buurvrou laat hom nie een oomblik met rus nie. Mia se dominerende aard herinner hom gevaarlik baie aan sy gewese vrou en die houvas wat sy op hom gehad het. Hy probeer juis herstel van die traumatiese egskeiding. André Stolz, Heidi Mollentze en Sulette Thompson vertolk die rolle. Fanie Viljoen se vorige radiodramas is Die losprys, Agter geslote deure en Die handtekeningjagter. Hy is ook ‘n bekroonde jeugboekskrywer.
Skrywers en Boeke
Carina Diedericks-Hugo, bekroonde jeugboekskrywer, gesels oor haar geheim vir sukses. Ilse Slawedel gesels met Kerneels Breytenbach oor sy leeslysie en die boeke wat hy glo mens weer en weer kan lees. Kobus Burger gesels met Johan Myburgh gesels oor die herdenking van die Spaanse digter, Lorca, se geboortedag in 1914. Daar is nuus oor PEN Afrikaans se kortverhaalwedstryd. Ilse Salzwedel gesels met Malinda Lawrence, ‘n dosent by Wits, oor Afrikaanse letterkunde vir tweedetaal-sprekers. Terrance April vertel in sy weeklikse bydrae oor Afrika-skrywers meer oor Chris van Wyk.