Dean Balie lees verse van bruin digters voor.
Kommentaar
Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.
Sterre en Planete
In die sterrekunde word daar dikwels verwys na die spektrale eienskappe van sterre. Prof. Matie Hoffman verduidelik wat dit is en waar dit vandaan kom. Daar word ook gesels oor die helderheid van sterre. Is daar byvoorbeeld ‘n korrelasie tussen ‘n ster se helderheid en sy kleur?
Kruis en dwars 2 Junie 2013
Wyle dr. Louw Alberts was ‘n man van vrede met ‘n onwrikbare Christelike geloof. Lizelle de Bruin gesels met sy kinders en dr. Adrio König oor sy lewe en werk.
Rand en sent
Eerlikheid lewer die beste resultate wanneer jy korttermynversekering uitneem of ʼn eis indien.
Ons en die Onderwys
Vyf klippies, Blikaspaai, Wolf-wolf hoe laat is dit? Bok-bok, sakresies en Kat-en-muis – die arbeidsterapeut, Heleen Johnson, sê tradisonele speletjies is bobaas vir fyn- en groot motoriese ontwikkeling.
Leefwêreld van die Gestremde
Watter invloed het die ontoeganklikheid van die gemeenskap op mense met ’n gestremdheid? Fanie du Toit toets die menings van ‘n aantal mense oor hoe hulle daardeur geraak word.
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom sien ‘n mens deesdae so baie kwikstertjies met een misvormde pootjie? Hoe kry reënpaddas langs die dorre Kaapse en Namibiese Weskus dit reg om te oorleef sonder water? En hoe kry miere dit reg om iets soos ‘n koringkriek of ‘n skerpioen by die klein gaatjie van hulle nes in te dra?
Taaldinge
Wat is een woord vir ‘n klomp mense of dinge? En daar word gekyk na die betekenis van ‘n paar taalkundeterme.
Oggenddiens
Dr. Flip Loots van Pretoria.