Radioteater

Colin val sy lewe lank rond en drink om sy ellende te probeer verwerk. Hy is weer eens in ‘n tronksel vir die nag om sy roes af te slaap. Hy is alleen. Sielsalleen. Maar dan hoor hy ‘n bekende stem wat sê, “Ek is hier. Jy ken my. Dis Denise”. Hy besef hy is nie alleen nie. Of is hy? Colin word noodgedwonge gekonfronteer met sy kinderjare wat allesbehalwe rooskleurig was en leer uiteindelik om eerlik te wees met homself en om hom te aanvaar nes hy is. Maar eers moet hy aanvaar wie en wat Denise is – of was. Denver Vraagom speel die rolle van Colin en sy alter ego, Denise.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met Gwen de Villiers van Alzheimers SA oor hierdie breinsiekte.

Vers en Klank

Joanie Combrinck lees ‘n allegaartjie van gedigte.

Kommentaar

Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.

Sterre en Planete

Het jy geweet dat vanweë die rotasiesnelheid van die aarde om sy eie as, jy teen sowat 1 600 km/h deur die ruimte beweeg? Die Sterre en Planete-span gesels oor die snelhede en afstande in die ruimte. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor die vordering wat gemaak word met Suid-Afrika se eerste digitale planetarium op Naval Hill in Bloemfontein. Kobus Olckers in Florida, Amerika, verduidelik ook wat die invloed van die son op weerpatrone is, veral na aanleiding van die kwaai storms in Ohio. Willie Koorts gee ook meer inligting oor die sogenaamde dans van die planete in die weste.

Kruis en dwars 26 Mei 2013

Na aanleiding van die Boston-bomaanval gesels Johan van Lill met dr. Chris Jones en Sjeg Thaffier Najjar oor terrorisme en die rol wat geloof daarin speel.

Rand en sent

Derdepartyversekering is nie verpligtend nie, maar as jy slim is, sorg jy dat jy dit het! Wat gaan dit jou kos as jy met jou karretjie in ʼn deftige Duitse voertuig vasry? Derdepartyversekering beskerm jou teen die koste van die skade wat jy straks aan ʼn ander voertuig aanrig.

Ons en die Onderwys

Spelterapie het talle voordele soos dat dit leerders help om toekomstige moeilike situasies te hanteer. Anthea Adams praat hieroro met ‘n kliniese sielkundige, Michelle Nel.