Hoe verklaar jy dit?

Kan die kole van wingerdstokke wat met onkruid- en insekdoder behandel is, skadelik wees as ‘n mens daarmee vleis braai? Hoe akkuraat is die meting van afstande in die ruimte met behulp van teleskope? En hoekom word daar gesê die Wes-Kaap het ‘n Meditereense klimaat as dit so ver van die Middelandse see geleë is?

Taaldinge

Is terugsny en voorsny die korrekte woorde vir die Engelse back slash en forward slash? En wat is die herkoms van karkatjie of karkaaitjie?

Oggenddiens

Ds. Janine Williams van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Sarepta, Kuilsrivier.

Naweekaktueel

Afrikadag word vandag gevier. Die Universiteit van Stellenbosch se Sakeskool het gisteraand ‘n funksie gehad en prof. Eltie Links was die gasspreker. Prof. Links was voorheen onder meer Suid-Afrika se ambassadeur by die Europese Unie. Hy het het met Naweekaktueel gepraat en gesê Suid-Afrika en die res van die vasteland se heil lê in goeie leierskap.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert praat met ‘n onderwyseres, Gadidja Samuels, en ‘n maatskaplike werker, Jeanne van den Bergh, oor bendegeweld.

Vers en Klank

Joanie Combrinck en Nic de Jager lees verse oor die dood.

Kommentaar

Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.

Sterre en Planete

Een van die belangrike teleskope in die ruimte, die Keppler-teleskoop, het probleme. Een van die reaksiewiele het vasgesteek. Die Sterre en Planete-span gesels oor die probleem en wat die telekoems van hierdie eksoplaneetjagter is. Daar is ook ‘n snit musiek wat uit die Internasionale Ruimtestasie kom.