Johan van Lill gesels met ds. Fanie Kriel oor die ontstaan en betekenis van pinkster en hoe christene daaroor dink.
Rand en sent
Te veel skuld kan jou laat wakker lê in die nag. Vir diegene wat bereid is om vas te byt en die probleem te takel, is daar stappe wat gedoen kan word om die probleem op te los.
Ons en die Onderwys
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie se ondersteuning gee dryfkrag aan inisiatiewe wat op nasionale en plaaslike vlak uitgerol word. Anthea Adams gesels hieroor met Chris Klopper, Uitvoerende Hoof van SAOU.
Leefwêreld van die Gestremde
Juanita Cronje vertel van die uitdagings rondom die bestuur van ‘n projek soos die Cluny Farm buite Johannesburg.
Hoe verklaar jy dit?
Waaruit bestaan kameelperde se horings en hoekom is daar klossies hare aan sommige se horings? Wat sou die oorsaak wees van ‘n kring om die son en twee ronde kolle weerskante daarvan, wat ‘n luisteraar in Thailand waargeneem het? En wat is die verband tussen tyd en ruimte?
Taaldinge
Taalnavrae word beantwoord. Ons krap bietjie in die koskas en gesels onder meer oor drop en mebos.
Oggenddiens
Ds. Paul Lubbinge van die Gereformeerde Kerk, Mosselbaai.
Naweekaktueel
Die jongste motornuus.
Naweekaktueel
Angelina Jolie wat vandeesweek in ‘n hoofartikel in die dagblad, The Star, geprys is vir haar brawe besluit om haar mastektomie aan die groot klok te hang, het rubriekskrywers en veral vroueblaaie en programme ‘n voor die handliggende tema gegee – borskanker en die hantering daarvan. Die hoof van die Ginekologiese Onkologie-eenheid aan die Universiteit van Pretoria, dr. Greta Dreyer, glo die genetiese toetsing wat Jolie op die pad van ‘n mastektomie geplaas het, kan nie sonder berading geskied nie. Daar is egter heelwat uiteenlopende menings oor genetiese toetsing vir borsanker.
Naweekaktueel
Die Suid-Afrikaanse rolprent, LITTLE ONE, wat Hollywood se Academy onlangs as een van die Top 20 buitelandse rolprente aangewys het, het gefaal by die plaaslike loket. Dit nadat gerekende rolprentresesente soos Leon van Nierop, Paul Boekooi en Laetitia Pople dit ten sterkste aanbeveel het. Dit los die vraag – hoekom ondersteun Suid-Afrikaanse gehore meestal net komedies? Anna-marie Jansen van Vuuren het gaan ondersoek instel.