Kobus Burger leer jou hoe om ‘n radiodrama te skryf.
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met die maatskaplike werker, Jeanne van den Berg, oor ouers wat deur hulle kinders geboelie word.
Vers en Klank
Frieda van den Heever lees vreemde verse oor moeders.
Kommentaar
Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.
Sterre en Planete
Deesdae is die ringe van die tweede grootste planeet in die sonnestelsel, Saturnus, mooi oop. Met ander woorde mens kan met ‘n redelike teleskoop selfs die Cassini-gaping in die ringe sien. Die span gesels ook oor die maanlanding van 1969 wat al vir baie mense byna vergete is.
Kruis en dwars 5 Mei 2013
Daar word baie gepraat oor hoekom mense nie meer eredienste bywoon nie. Lizelle de Bruin gesels met ds. Tinus van Zyl oor ‘n onlangse reeks gesprekke met gewone mense oor kerkbywoning. Die joernalis, Carla van der Spuy, vertel ook oor haar navorsing oor die saak.
Rand en sent
As jy van dobbel hou, kan dinge soms skeef loop en bestee jy kort voor lank dalk meer as wat jy beoog het.
Ons en die Onderwys
Vir baie ouers is dit ʼn opdraande stryd om eksterne faktore wat dwelmmisbruik aanmoedig, af te weer. Die skoolsielkundige, Bridget Goosen, het raad.
Leefwêreld van die Gestremde
Wat word met rabat of korting op ingevoerde voertuie vir mense met gestremdhede bedoel? Hoekom word die korting toegeken en wat is die verskillende kategorieë en wie kan daarvoor in aanmerking kom.
Hoe verklaar jy dit?
Hoekom is daar ‘n afname in die voëlbevolking in stedelike gebiede? Wat veroorsaak die kleurverskil tussen nat en droë grond? En wat is die verskil tussen weerverskynsels soos tropiese siklone, tifone, tornado’s en orkane?