Radioteater

William Oosthuizen het met hierdie debuutwerk van hom die eerste plek verwerf in RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie. Dit is die verhaal van ‘n vrou wie se dogter op die ouderdom van 18 die huis verlaat en later weer onverwags opdaag.

Skrywers en Boeke

Die skrywer Marita van der Vyfer gesels onder meer oor haar jongste boek, Die Blou van Onthou.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met ds. Jaco Strydom, direkteur van Echo Youth, oor gebrokenheid tot heelheid deur die gemeenskap.

Vers en Klank

Johann Nel lees verse van Phil du Plessis uit sy bundel ENGEL UIT DIE PARADYS.

Kruis en dwars 28 April 2013

Wat is die soort vrae wat gelowiges vandag moet vra rakende onreg? Johan van Lill gesels in hierdie intergeloofgesprek oor hoe verskillende gelowiges oor onreg behoort te dink. Ook ten opsigte van die heilige geskrifte. Hoe moet versoening lyk in die lig van onreg en watter rol speel profete hierin?

Rand en sent

Versekeringsbedrog het die bedryf verlede jaar ʼn stewige R3-miljard gekos. Hoe kan jy help om mense wat hulle daaraan skuldig maak aan die pen te laat ry en hoër premies vir eerlike polishouers te vermy?

Ons en die Onderwys

Omgewingsfaktore soos bendegeweld, egskeiding of verandering in die leerder se familiestruktuur kan lei tot angs en depressie. ‘n Skoolsielkundige, Bridget Goosen, vertel waarna onderwysers, ouers en vriende moet oplet en hoe hulle leerders kan bystaan.

Leefwêreld van die Gestremde

Wat word bedoel met hulpmiddele vir mense met gestremdhede? Die beskikbaarheid en bekostigbaarheid van ’n aantal vorme van hulpmiddele word bespreek.