Radioteater

Wat gebeur wanneer ‘n klomp skoolseuns besluit om ‘n kosbare Pierneef-skets te steel as deel van die sogenaamde 40 Days in matriek? Dit wys presies wie hulle eendag sal wees wanneer hulle volwasse is. Maar watter rol speel die volwassenes, wat veronderstel is om hulle leiding te gee, in hierdie diefstal – wetend of onwetend?

Skrywers en Boeke

“Pyn is kreatief,” vertel die digter, skrywer en psalmverwerker T. T. Cloete. Hy praat oor die liefde, die mens se drie breine en sy jongste boek, DIE ANDER EEN IS EK. Volgens prof. Heilna du Plooy gee Cloete met hierdie boek vir sy leser toegang tot ’n groot stuk van die geestesgeskiedenis van die Westerse wêreld.

Radioteater

Hierdie werk, ’n eerste radiodrama vir Botha, kyk met groot deernis na die bekende situasie in soveel Suid-Afrikaanse gesinne. Die du Toits se huishulp, wat reeds 35 jaar by hulle werk, word siek en die vader, moeder, seun en dogter raak intens bewus van hulle verhoudings met mekaar en met haar.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met prof. Christo Lombaard oor hoe om eg te lewe.

Vers en Klank

Daniel Hugo lees gedigte uit Hennie Nortje se bundel, IN DIE SKADU VAN SOVEEL BOME, wat die Eugene Marais-prys gewen het.

Kommentaar

Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.

Rand en sent

Korttermynversekering is nie juis eerste op ʼn mens se lys van aankopies nie. Kan jy dit bekostig? Of moet ʼn mens eerder vra of jy kan bekostig om dit nie te kry nie?