Naweekaktueel

Die Suid-Afrikanse span dokters van GIFT OF THE GIVERS in Darkoush word oorval deur slagoffers van die burgeroorlog wat reeds langer as twee jaar duur. Die hospitaal in die noordwestelike gebied naby die grens met Turkye is van vroegoggend reeds gepak met pasiente.

Naweekaktueel

‘n Groep van 40 Suid-Afrikaanse dokters wat in ‘n hospitaal in Sirië as vrywilligers werk, het benoude oomblikke beleef. Hewige gevegte het in die noorde van Sirië uitgebreek. Die dokters is deel van die groep GIFT OF THE GIVERS, wat in die stad Dakursh werksaam is. Foeta Krige het hierdie verslag uit Sirië gestuur.

Radioteater

Die Birkenhead, haar majesteit se troepeskip, vertrek vroeg in 1852 vanaf Cork na Algoabaai. Aan boord is nie alleen tien regimente nie, maar ook vroue, kinders en agt trommels goud, wat as soldy vir die soldate bedoel is. Daar word vandag nog bespiegel oor wat van die goud geword het.

Skrywers en Boeke

Op 17 Oktober vanjaar vier die Weskus-skrywer E. Kotzé (oftwel Sussie Kotzé) haar 80ste verjaardag. Tydens die onlangse Woordfees is daar ‘n profiel-gesprek met haar gevoer deur die uitgewer Nèlleke de Jager en die digter Petra Müller. Kotzé is bekend om onlangse romans soos Hoogty en Toring se baai, asook kortverhaalbundels soos Halfkrone vir die nagmaal.

Geestesgesondheid

Christelle Webb-Joubert gesels met die psigiater dr. Gerhard Grobler oor depressie en selfdood. Is my eie dood ‘n langtermyn oplossing vir ‘n tydelike probleem?

Vers en Klank

Martelize Kolver lees vrolike verse met ‘n skalkse glimlag.

Kommentaar

Ontleders neem die week se nuusgebeure in oënskou.

Sterre en Planete

Wie weet van die sogenaamde groen vlek net wanneer die son sak of opkom? Nie almal is beskore om dit te sien nie. Daar is ook ‘n vraag oor waarom die auroras oënskynlik groen gekleur is. Daar is wel ander kleure, maar groen is in die meerderheid.