Rand en sent

Helen Ueckermann gesels oor beleggings wat te goed klink om waar te wees en hoe jy hulle kan uitken voor jy in die strik trap. Luister saam na die storie van ‘n anonieme luisteraar wat alles verloor het, en na die raad van ekonoom Dawie Roodt en forensiese ouditeur André Prakke.

Ons en die Onderwys

Bendebedrywighede op skool is aan die toeneem en leerders en onderwysers word byna daagliks blootgestel aan een of ander vorm van geweld. ʼn Wanbalans tussen die waardestelsels van die skool en die gemeenskap is dikwels die vonk in die kruitvat.

Leefwêreld van die Gestremde

Fanie du Toit gesels met dr. Antionette van der Merwe oor hoe die Telematiese Dienste by die Universiteit van Stellenbosch ‘n bydrae lewer om die breë gemeenskap oor die die impak van gestremdheid in te lig.

Hoe verklaar jy dit?

Watter skilpadspesie in Suid-Afrika is die kleinste? Hoe sal die kleintjies van ‘n Albino-ystervark en ‘n gewone ystervark lyk? En LED-ligte is daarvoor bekend dit baie min krag gebruik. Hoekom word dit dan nie meer algemeen in Suid-Afrika gebruik nie?

Taaldinge

Luiteraars se taalnavrae word beantwoord.

Oggenddiens

Dr. Henk Gous van die NG Gemeente Quellerina in Roodepoort.

Naweekaktueel

Frankryk het die week aangekondig dat hy die mensgemaakte chemikalieë, Bisphenol Poli-karbonaat A oftewel BPA, in baie meer produkte gaan verban. Die Franse het reeds die gebruik van BPA in 2010 in bababottels verbied en Suid-Afrika het dieselfde in Oktober 2011 gedoen. Franse wetenskaplikes is egter bekommerd oor die gebruik van die spesifieke chemikalieë in kwitansiepapier en glo swanger vroue wat byvoorbeeld in supermarkte agter kasregisters werk is veral kwesbaar. Die hoof van navorsing by CANSA, dr. Carl Albrecht, verduidelik waaroor die bohaai gaan…

Naweekaktueel

Frikkie Maas uit Brisbane – hierdie groetwoorde aan die einde van sy vele stories uit Australië is al byna so bekend soos dié van Tossie Lochner uit Italië. Frikkie het saam met sy vrou, Bets, bydraes gelewer vir Monitor, die destydse Spitstyd en Sportjoernaal asook Koms van die koninkryk. Die 79-jarige Frikkie voel egter dis tyd vir ‘n blaaskans na meer as 4 000 stories. Hy het gister vir oulaas met Anita Visser gesels.